Andries Bezuidenhout. Enigiets solank dit Frans klink

Ek luister deesdae gereeld na Thys Nywerheid se “Fear and loathing in Menlyn Mall”, die tweede snit van hul plaat Husse met lang messe (2008, One F Music). Vir diegene wat onbekend is met Menlyn Mall, wel… hoe sal mens dit beskryf? Dis ʼn groot winkelsentrum aan Pretoria se oostekant. Uit die liriek:

Zimbabwe vergaan, maar die son skyn, die son skyn.
Daar’s kak op die rak, maar die son skyn, die son skyn.

Dis nou as ek reg hoor.

Daar’s deesdae goeie musiek wat uit Pretoria kom. Benewens Thys Nywerheid en Die See is daar Bittereinder.

Nietemin, een karaktertrek van Pretoria is die dorp se obsessie met Franse name. Daar is byvoorbeeld ʼn voorstad met die naam La Montagne – dis waar my ma woon. Ook woonstelblokke met name soos Le Bourg, Mont Rouge en Chambord. Of só iets. Waar in Pretoria wil jy woon, hartjie? Enige plek, skat, solank dis Frans klink.

Ek vertrek vanaand Kopenhagen toe, waar dit sneeu. Vir ʼn laaste bietjie sonskyn en ʼn Sondagrit kom ek en Irma toe op die volgende toneel af:

Van nader besigtig:

Ek dink ek weet nou hoe om die Boere se weersin in Pretoria se naamsverandering te bowe te kom. Noem dit bloot: Le Tshwane.

As bonus, hier is Thys Nywerheid se weergawe van Bernoldus Niemand se “Snor City”.

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Enigiets solank dit Frans klink”

  1. Fear and Loathing op Vreesindaba! Ek wou nog altyd ‘n properse etnografiese ding doen oor malls in die Noordelike Voorstede (van Kaapstad); ek is seker daar is al iets soos ‘mall studies’ aan een of ander Amerikaanse universiteit. Geniet Kopenhagen!

  2. Dankie Desmond. Ek vat nou die pad na Le OR Tambo toe, self deesdae ‘n indrukwekkende mall. In my kop werk ek aan ‘n gedig met die titel: “My aansoek om te bly in Villa Cliche”.

  3. Marlise :

    Andries, as Pretoria jou so ontstig met die versierde Franse name, wat sal die Kaap dan aan jou doen?! 🙂 Hier wemel dit mos van Franse name vir plase en restaurante, gastehuise, ens. En die speletjie duur maar voort – ‘n luukse aftree-oord is so 4/5 jaar gelede tussen die wingerde hier opgerig, net langs die R44 en naby die nuwe mall The Square. Die naam: La Clémence. Ek weet nie of mense ‘n probleem het met die uitspraak nie, of miskien die huisies wat baie opmekaar is nie (ek vermoed lg.), maar in die omgangstaal staan dit nou bekend as La Beklemming. Ek het besluit om liewer nie aansoek te doen vir hierdie dokke vir seniorburgers nie. (La Cliche kan dalk ‘n hawe word vir die miljoene digters in die land…?)

  4. Buiteblaf Breytenbach :

    “Quiet days in Clichy”

  5. Gerard Scharn :

    Niet alleen in Pretoria, maar ook in ‘s-Hertogenbosch (nederland) waar ik woon heeft men een voorkeur voor Franse namen. Neem bijvoorbeeld het woonpark Les Deux Terrains in een wijk die vanouds Deuteren heet.

  •