Ontvang kennisgewings van Versindaba-plasings via e-pos

Een van die  funksies wat ons opgegradeerde webblad aan besoekers bied, is om via jou e-posadres op die blad in te teken. Registreer in die skakelkolom regs en ontvang kort kennisgewings van alle nuwe artikels, essays, resensies, persoonlike blogs, onderhoude, ens. in jou elektroniese posbus soos dit geplaas word. Op dié manier kan jy deurgaans op hoogte bly van alle nuwe plasings.

E-posadresse bly onsigbaar en privaat en sal dus nie vir enige ander doeleindes misbruik kan word nie.

Alternatiewelik kan jy by die “Versindaba Vriende”-groep op FaceBook óf Twitter aansluit aangesien alle plasings via Twitter ook na FaceBook herlei word. Dit gebeur egter maklik dat jou FB inskrywings deur vriende so vinnig verbyskuif dat jy ook miskien hierdie plasings op Versindaba mis. Daarom is dit nuttig om hierdie kennisgewings ook by jou epos-adres te ontvang.

Dankie vir jou besoek(e) aan die webblad en maak vir jou eie gerief gerus gebruik van ons nuwe fasiliteite.

Indien jy ‘n interessante essay of artikel geskryf het oor die Afrikaanse poësie is jy welkom om dit voor te lê aan Versindaba om vir plasing oorweeg te word.

Webmeester: M. Joubert

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Ontvang kennisgewings van Versindaba-plasings via e-pos”

  1. Kobus van Wyk :

    Stuur asseblief vir my die kennisgewings van versindaba plasings via e-pos. Baie dankie.

  2. Marlise :

    Kobus, jy moet net regs op hierdie blad gaan kyk. Daar is die opsie waar jy jou e-pos adres intik en dan daarna net klik op Teken in. Hoop jy kom reg? Dis eintlik heel eenvoudig om te registreer.

  3. Ivan Mocke :

    Ek doen dit reeds en dit is wonderlik! Dankie. Ook die notifikasie van kommentare by elke blog wanneer jy gesprekke wil volg, is handig. Doe zoo voort!

  •