Andries Bezuidenhout. Thibodeaux kry toe meer as ʼn waaier

Damon Thibodeux is vyftien jaar gelede ter dood veroordeel. Verlede week is hy vrygelaat, danksy DNA toetse. Dít na vyftien jaar in ʼn sel in ʼn tronk genaamd Angola in Louisiana. Thibodeaux het die eer dat hy deur Steve Earle in ʼn country song oor die doodstraf genoem word. Hier’s die liriek van Steve Earle se “Over Yonder”:

The warden said he’d mail my letter
The chaplain’s waitin’ by the door
Tonight we’ll cross the yard together
Then they can’t hurt me anymore

I am going over yonder
Where no ghost can follow me
There’s another place beyond here
Where I’ll be free I believe

Give my radio to Johnson
Thibodeaux can have my fan
Send my Bible home to Mama
Call her every now and then

I suppose I got it comin’
I can’t ever pay enough
All my rippin’ and a runnin’
I hurt everyone I loved

The world’ll turn around without me
The sun’ll come up in the east
Shinin’ down on all of them that hate me
I hope my goin’ brings ‘em peace

 Die woord “yonder” is natuurlik die belangrikste pyl in enige countrysanger se koker. Dis jammer daar’s nie ʼn Afrikaanse ekwivalent nie, wat beteken Afrikaanse country songs kan nie ware country songs wees nie.

Op ʼn ernstiger noot. Ek wonder of “Over Yonder” genoeg is om te vergoed vir die jare wat Thibodeaux op die dood moes wag. Luister hier en hier na twee weergawes daarvan. Lees meer oor die geval in die Guardian.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Thibodeaux kry toe meer as ʼn waaier”

  1. Buiteblaf Breytenbach :

    ‘doerkant’ vir yonder? (In teenstelling met ‘duskant’.)

  2. Johann de Lange :

    doermaals?

  3. Buiteblaf Breytenbach :

    Ek stem vir Johann se “doermaals” (veral omdat die tranedal hier duskant ‘n ware “moermaals” is).

  4. Ek hou van doerkant, doermaals en moermaals. As mens die ding in Afrikaans moet transponeer sal ʼn konsertina seker kon werk.

    Die sipier ’t belowe om my brief te stuur
    Die kapelaan reeds by die kosyn
    Ons stap saam oor die binnehof vanaand
    Bring ʼn einde aan die pyn

    Dan reis ek na doermaals
    Na waar g’n spook my kan agtervolg nie
    Daar’s iewers duskant moermaals
    Waar, ek glo, vryheid wag, vryheid glo wag

    Die volgende vers kan ek nie vertaal nie, omdat die name nie verplaaslik kan word nie. Ons het nie meer die doodstraf nie – ten minste nie amptelik nie. Dalk kan mens dit histories doen.

    Stuur my radio ma’ vir Harris
    My waaier kan na Solomon gaan
    Stuur my Bybel huis toe vir Ma
    Bel haar elke nou en dan

    Daar’s ʼn boek van Jo Nesbo (Noorweegse misdaadskrywer) wat ek in die middel ophou lees het. Daar is ʼn karakter in die boek wat in 1999 (dink ek) bang was om aan die Suid-Afrikaanse outoriteite uitgelewer te word, omdat hy daar (hier) die doodstraf as vonnis sou kry. Kon geen ander Nesbo-boek sedertdien optel nie.

    Seker my verdiende loon
    Kan ek ooit genoeg betaal?
    Kon elkeen vir wie ek ooit lief was
    Iets anders as seer by my kom haal?

    Sonder my sal die aarde nog draai
    Met oggendrooi wat ooswaarts strek
    En skyn op die gesigte wat my haat
    Ek hoop daar’s berusting in my vertrek

    Hier sit ek nou met wat hulle “’n onopgeloste registerprobleem” noem. Ook onverskoonbare rymdwang. Maar nou ja. Die werk hier aan moermaals wag. Verbeterings welkom.

  •