Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 January 201314 January 2013

Hannalie Taute. Die uitwissing van woorde

(k)not a book. 2009
 

Ek het nou al vir die hoeveelste keer hier woorde getik, net om hulle weer uit te vee.  Dit is deesdae my neigings: die uitwissing van woorde.  Nee, nie eintlik deesdae nie – dit kom al ‘n lang tyd aan, maar onlangs het ek ontdek dat daar eintlik  ‘n erkende term daarvoor is: “Erasure poetry”.

Wat sal ‘n mooi poëtiese Afrikaanse terme daarvoor wees?

“Erase”: uitwis, uitvee, rojeer, deurhaal, skrap, uitkrap, radeer, uitvlak?

Dit is wat die tweetalige woordeboek sê, maar wat seg die digters?

Dit is vreemd hoe ʼn mens kan verdwaal in woorde. Die interweb is die perfekte plek om te verdwaal.  Dit het sekerlik alles begin by Yoko Ono→ collage poetry→ Twaikus→Miniatuur gedigte→ Gwarlingo→Mary Ruefle→William Burroughs →Tristan Tzara→ TS Eliot se Waste Land, wat blykbaar gedeeltelik bestaan uit aanhalings uit die Bybel, Bram Stoker, Ovid en die Brihadaranyaka Upanishad, Shakespeare, Whitman ens. ( Ek het self nog nie  The Waste land gelees nie, maar is nou dodelik nuuskierig.) Daaarna lees ek oor Thomas Jefferson wat gedeeltes van die Bybel uitgesny het met ʼn skeermeslemmetjie en die versies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes herrangskik het om ʼn enkele storielyn te vorm; asook Tom Philips se Humument

‘n Bladsy uit Tom Phillips se “Humument”

Dit alles het nie noodwendig so gevolg op mekaar nie.  In die vervolg sal ek graag broodkrummels of iets wil strooi soos ou Hansie om my pad weer terug te vind.  Hier staan ek  wraggies en ontken myself. Van uitwissing tot broodkrummels strooi. Nee wat. Geen wonder my standerd 1 juffrou het vir my pa gesê: “Hierdie kind se kop is vol muisneste”.

Om terug te kom by die uitwissing van woorde…..Die bogenoemde het alles min of meer tydens die 16de Desember gebeur.  Ek was toe vuur en vlam en kry die boek “Geskiedenis van Suid Afrika” in die hande.  Die muse het kom kuier.

Onvoltooide uitwissing van woorde in Suid Afrikaanse geskiedenis

Ek het klaar die bladsy reg, ʼn naald om die woorde van geskiedenis weg te krap, todat my man vir my vra of ek my skoonma se toestemming het, want sien: dit is haar boek.

Sy weier dat ek haar boek verniel, want sy wil hom weer lees.

Daar gaan my poging tot uitwissing en die res is alles geskiedenis, of is dit….?

Ek wend my pogings  met uitwissing na Engels, met die pragtige boek: ‘Woman, Wedlock and the World” en besluit sommer om dit te “twaiku”: (elke dag plaas ek  ʼn bladsy op twitter) of dit geslaag is weet ek nie.

‘n Uitgewiste gedeelte uit “Woman, wedlock and the world”

Ek twyfel of ek dit ‘twaiku’s’ mag noem, want dit voldoen nie juis aan die reëls nie, maar nou ja.
Twee dae gelede kry ons toestemming om in die motorhuis deur skoonma se ou kinderboeke te gaan (sy was ʼn pre-primêre onderwyseres) Daar het ek talle wonderlike boeke gevind asook vernieldes, geknaagdes en sommige bladsye kwyt .

Hier is my kans om Afrikaanse woorde uit te wis in ʼn poging om iets poëties te skep.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Gert se plek: ʼn Bondige geskiedenis van Beaufort-Wes
Nini Bennett. Voetstoots →

5e gedagtes oor “Hannalie Taute. Die uitwissing van woorde”

  1. hannalietaute says:
    14 January 2013 at 19:37

    Dankie dat jy die stuk gelees het Marthe. Ek moet bieg dat dit in die begin moeilik was, maar nadat die uitwissing in volle gang was het dit n genotvolle speletjie geword. Nou is ek heel moontlik verslaaf.

    Reply
  2. Marthe says:
    14 January 2013 at 13:33

    Ek het baie lekker gelees aan hierdie stuk. Geniet die uitwissing. Dit lyk na pret.

    Reply
  3. hannalietaute says:
    14 January 2013 at 10:14

    Dankie Marlise, dit is so lekker om met woorde te speel. Ek hou van jou stelling om geskrapte woorde op n hopie te gooi- kan net indink hoe mooi dit kan lyk! Wat muisneste betref: dit het my altyd gepla todat ek besluit het om dit te ’embrace’ want daar is niks so lekker soos n kop vol muisneste 🙂

    Reply
  4. Marlise says:
    14 January 2013 at 07:55

    Hannalie, dis ‘n genotvolle stuk om te lees/na te kyk! Uitwissing vir die digter is byna sinoniem met ‘kill your darlings’. As ek al die reëls en woorde wat ek al uit my eie gedigte geskrap het en op ‘n hopie gooi, sal dit sekerlik ‘n paar bundels volmaak. 🙂 En daardie opmerking van jou st 1 juffrou van ‘muisneste’ het ek regdeur my skoolloopbaan gehoor – veral in die hoërskool: “het jy alweer muisneste?”, “jy is ‘n dromer”, “hou op om na die berge buite die klas te wil staar”, “jy speel alweer kitaar op die telefoondrade ipv te weet wat in die klas aangaan”, “hoekom teken jy prentjies in jou opstelboek?” ens. ens.

    Reply
  5. HannalieT says:
    13 January 2013 at 23:23

    RT @versindaba: Hannalie Taute. Die uitwissing van woorde: Ek het nou al vir die hoeveelste keer hier woorde getik, net om hulle… htt …

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d