Louis Esterhuizen. ‘n Antagonistiese kyk na ouer digters

Met hul nuutste uitgawe het Poetry, die Amerikaanse Poetry Foundation se poësietydskrif, met ‘n besonderse projek na vore gekom. Hulle het naamlik ‘n aantal digters genader met die volgende opdrag: “Write short pieces about some ostensibly great poet you had never really liked, perhaps even hated.” Dié bydraes is nou gepubliseer as Antagonisms en die eindresultaat is inderdaad veelseggend omrede bykans al die bydraers erken dat dié grond-tussen-tande-kyk na ouer, gevestigde digters daartoe gelei het dat eie werk enersyds meer krities beskou is en andersyds daar opnuut groter waardering (respek?) vir die “haatlike” digter ontstaan het.

 

Laura Kasischke

So het Laura Kasischke die volgende Wallace Stevens te sê: “I know only too well that it is my own failings as a reader, a thinker, a poet, and a human being that I don’t like the work of Wallace Stevens …. I’ve read Wallace Stevens, and I’ve taught Wallace Stevens, and I know that as a poet and a thinker I am not the equal of even the pad of paper on which his secretary jotted down his poems during those torture sessions at the Hartford Accident and Indemnity Company.  I’m sure that it’s a character flaw of my own….”

Michael Robbins

Eweneens Michael Robbins oor Dylan Thomas: “All that’s at stake for Thomas is whether his self-pity has been gorgeously enough expressed. And it has. That’s what I hate most about Thomas: if you care about poems, you can’t entirely hate him. Phrases, images, metaphors rise from the precious muck and lodge themselves in you like shrapnel.”

Interessant is egter die kommentaar wat op dié antagonismes volg: “Behind this comical self-deprecation lurks an idea that many take seriously: since certain poets are objectively great, it is wrong to dislike them. What do you make of this notion? Don’t differences in taste guarantee divided opinions even of vaunted writers like Shakespeare or Keats? Don’t clashes in opinion merely signify that the poet is being taken seriously? And how do you react to such dislikes of your own? Do you keep them secret, or broadcast them proudly?”

En waarom word hierdie antagonismes so dikwels met ‘n suikerklontjie in die kies verwoord? Is dit ‘n kwessie van gekanoniseerde respek, of soos Peter Cole dit opsom:  “Leaning into my antagonisms until they give way at a certain point like a secret door-in-the-wall to enthusiasm […] Enthusiasms are easier.”

Nou ja, toe. En hoe is dit gesteld met ons eie “groot digters”? Uit persoonlike perspektief weet ek dat daar bepaalde digters is met verbluffende tegniek, maar hel, hul gedigte is só vervelig. En waarskynlik is juis dít my tekortkoming as kritiese leser van die digkuns.

Hieronder volg ‘n voorbeeld deur so ‘n digter. Tegnies indrukwekkend. En tog, en tog …

Miskien weet jy selfs wie die digter is?

***

Bitter winter

Wat sê mens as dit skemer word,

as oor die vlei die wilde eende

met ver verlate skreeue vlieg?

Wat weet mens in die winternag

as die slaap van jou gewyk het en jy

met oop oë in die donker lê?

Is woorde dan nog nodig? Of weet

jy dat die sterflikheid soos reën

diep tot in die wortel week?

 

(Circa 1972)

 

 

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Louis Esterhuizen. ‘n Antagonistiese kyk na ouer digters”

  1. Ek dink dis ‘n waardevolle projek, Louis. Dit is seker so dat mense in die algemeen skrikkerig is om “gekanoniseerde” en selfs redelik gevestigde digters se werk te kritiseer. Dit behoort nie so te wees nie, poësie in alle tale trek voordeel daaruit wanneer daar ‘n atmosfeer van redelike kritiek bestaan.

    Ek ken nie die digter van die Afrikaanse gedig nie, maar ek stem met jou saam – dis ‘n bietjie valerig. Al wat ek kan sê, is dat dit vir my voel of dit deur ‘n man geskryf is.

  2. Marthe :

    Sommer net ‘n stuiwer in die armbeurs. Ek dink hier le meer diepte in die gedig as vaalheid. Dit hang seker af hoe emosioneel ‘n mens is, maar ek kan my nogal vereenselwig met daardie verlate geskreeu van eende en die slaaploosheid in die nag. Daar is defnitief iets in die gedig wat tot my spreek. Dit hang seker af van mens tot mens en waar jy in jou lewe is as jy ‘n gedig lees.

  3. Louis Esterhuizen :

    Ai, Marthe. Ek wens so dat ek tyd gehad het om uitvoerig op jou kommentaar te reageer. Jy betrek inderdaad ‘n punt van enorme belang hierby, want waarskynlik is ALLE estetiese waardering subjektief van aard. Al wat myns insiens objektief beoordeel (en gewaardeer) kan word, is tegniese vernuf. Persoonlik hou ek besonder baie van die melancholiese toon van die aangehaalde gedig. Wat ek ontsettend jammer vind as dat dié digter (wat in 1934 gedebuteer het) klaarblyklik nie veel in die volgende 4 dekades ontwikkel het nie, want soveel in dié gedig plaas dit vierkantig in die dampkring van Dertig; ten spyte daarvan dat “Bitter winter” in 1972 verskyn het.
    En tog word hy (ja, dit is ‘n manlike digter) vandag steeds in die algemeen as een van ons heel vernaamste digters gereken.

  •