Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 January 20136 March 2013

Melanie Grobler. Die Verleidster

Francisco Goya, Leocadia (or The Seductress).  
145.7cm x 129.4cm. Museo del Prado, Madrid

 

Die Verleidster

 

Ander mense slaap onder dakke, in hul kleurlose

en deursigtige drome verskiet die heelal

 

Goya se huis staan teen die randjies. in die laat lig word rooi

vervang met die asem van indigo of ’n skrale skok van geel

in die na-nag staan die huis swart geëts in die kom van slaaploosheid

 

tussen uile en sy listige kwaste betrap hy haar

en streel sy motvlerk oë oor haar, die sagte vel

’n afgedopte soete pruim, roes en die reuk van haar oksels

 

Goya se huis kreun, soos ’n donker bul daag sy hom uit

soos ’n doodsengel in swart leun sy teen die balustrade

kyk hoe trap die skewe voetjie in die brose stof

 

buite waai ’n ysige wind. Goya met sy swart jas

Leocadia met haar lang swart hare

hoeveel nagte sal sy nog in die arms van vreemde mans deurbring?

 

Ander mense slaap onder dakke, in hul kleurlose

en deursigtige drome verskiet die heelal.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d