Skildery (Ongetiteld) deur Adriaan van Zyl
STILLEWE
by ‘n uitstalling van Adriaan van Zyl
In klip en skulp
bal die dag in wit
soos lig in glas
sit ewigheid
in hierdie koepel vas.
Skadu stileer die stil palet:
die durende moment
die helderheid
bestaan by grasie
van ‘n donker vou in vleuels
bly puur
danksy die swart.


Dankie, Melanie. Ek het ook gehou van jou besonder beeldryke gedig, vol atmosfeer, soos die skildery.
Mooi gedaan Zelda!