Desmond Painter. Nog ‘n stem uit Barcelona: Francesc Parcerisas

Ek het ʼn week of wat gelede genoem dat ek tans op die internet aan die rondkrap is vir digters uit Katalonië (en Barcelona, om meer spesifiek te wees). Ek kom toe af op ʼn paar Engelse vertalings van Francesc Parcerisas (geb. 1944) se Katalaanse gedigte. Parcerisas stel homself en sy poëtiese wêreld só bekend:

“I am a product of the 1940s middle-class bourgeoisie in Catalonia, with the bitter contradictions that entails and the subtle richness that tends to go hand in hand with the contradictions. I was born in Begues, a small town in the coastal range, but I consider that my education is urban; if Barcelona at the end of the 1940s, with flocks of sheep blocking the tramlines, rubbish carts and the smell of boiled cabbage, was really a city in the sense we give the word nowadays.

Country and city were connected and blended together despite the toll-houses, in an interaction that is very different from what we have at present; and having gone from home to school catching lizards or breaking up processions of bilious green caterpillars in the environs of the fence of the monastery garden – a monastery full of cloistered monks who, at the midday mass on Sundays, sang spectrally from behind operatically dramatic bars – does not prevent me from mythologizing in equal parts my memories of nature and my bedazzlement before the enormous multihued cardboard toys hanging from the columns and ceilings of the city’s only department stores, or the enchantment produced by the penetrating smell of burning wax – not oil – of the silver-plated racing cars that trained for the Penya Rhin race, stridently and speedily crossing in front of the esplanade with the fountain where we went for the Ash Wednesday ceremony of burying the sardine.”

Parcerisas is, volgens die alwyse Google, glo een van die belangrikste Katalaanse digters van sy generasie. Of dit waar is of nie, en wat dit sou beteken indien die wel waar (of onwaar) sou wees, weet ek nie. Wat ek wel weet is dat híérdie een smoel(ver)neuker van ʼn gedig is:

*

Shaving – Francesc Parcerisas

Observe yourself in the mirror,
unchanged yet strange,
still shaggy with sleep, startled
at seeing your likeness.
These wrinkles, these graying temples
that you’ve already accepted gracefully
—affable guests who showed up
so suddenly, that you can’t quite recall
just when they initially appeared.
They represent the shameless price required
for this fictitious intimacy with the body.
And now, begin to shave.
The blade, once quick and cold, no longer
glides taut on your skin like the pleasant
lickety-split friction of youthful skis:
you’re forced to stretch your flabby cheek
with your fingers. Don’t despair.
Perhaps if you’re shrewd and willfully avoid
the shameful mark of a nick,
you’ll forget your alliance with your body
has already begun to dissolve.

Bookmark and Share

11 Kommentare op “Desmond Painter. Nog ‘n stem uit Barcelona: Francesc Parcerisas”

  1. Marlise Joubert :

    goeie gedig inderdaad desmond. ‘skis’ is seker maar ‘skins’? ek was in die jeugjare toet in Barcelona – al wat ek vandag kan onthou is die pragtige Gaudi tempels en argitektuur en die Picasso museum uit sy Blou Periode. ek kan nie strate of huise of kafee’s of iets anders onthou nie! miskien omdat ek in twee weke elke denkbare plek in Spanje besoek het – van Noord tot ver in die Suide. en miskien is dit omdat dit al so lank gelede was…

  2. Desmond :

    Marlise, ek het gedog ‘skis’ is ‘skis’, soos in ‘sneeuskaatse’? Ek weet nie of ‘skis’ ‘youthful’ kan wees nie.

  3. Marlise Joubert :

    Desmond, dit lyk tog wel reg – moet sekerlik maar ‘skis’ wees. Hy vergelyk die lem van sy skeermes dus met die aksie van jong ysskaatse. Dit was dus die ‘youthful’ wat my gehinder het, maar miskien wil hy daarmee ook impliseer dat sy vel toe nog jonk was. Of hy nog jonk was. Want net daarna verwys hy weer na sy ‘flabby cheek’. Ek skeer nou nie my gesig nie, dus sal ek nie weet watter ervaring mans het wat skeer nie! 🙂 Vind jy bv noudat jy ouer word, dit moeiliker om te skeer soos toe jy jonk was??

  4. Desmond :

    Marlise, en kan dit nie beantwoord nie, want ek is nog nie besig om ouer te word nie! 🙂 Dit gaan ook nie help ons vra vir Breyten of Andries nie, want hulle dra baard.

  5. Marlise Joubert :

    ai – dat hulle nou so agter hulle se ou baarde skuil! miskien kan leon retief ons vertel?!

  6. Desmond :

    Leon gebruik waarskynlik ‘n hipermoderne Kanadese elektriese skeermes en word dus hierdie Katalaanse en Afrikaanse metafisika van skeer gespaar.

  7. pierre-marie finkelstein :

    Marlise, die oorspronklike Katalaanse teks van die gedig Afaitat (Shaving) lui soos volg:

    (…)
    La fulla, abans ràpida i freda,
    ja no llisca, tensa, per la pell
    amb frec plaent d’esquí jovenívol:

    ———————————————
    ENGELS (vertaler: Cyrus Cassells)
    The blade, once quick and cold, no longer
    glides taut on your skin like the pleasant
    lickety-split friction of youthful skis:

    ———————————————-
    SPAANS (vertaler: José Agustin Goytisolo )
    La hoja, antes rápida y fria,
    ya no resbala tensa por la piel
    con el roce agradable del esquí juvenil:

    NS: Desmond, hier is ‘n webwerf gewy anan Katalaanse poësie http://www.llull.tv/POETARIUM/index.cfm/ENG/inici.html met vertalings in verskillende tale.
    Read more: http://wordswithoutborders.org/article/shave#ixzz2K15UyEBI
    http://wordswithoutborders.org/article/shave

    Groetnis
    Pierre-Marie

  8. Pierre-Marie, baie dankie!

  9. Leon Retief :

    Marlise, Desmond is reg, ek gebruik ‘n elektrise skeermes so sal ook nie kan se nie… 🙂

  10. Buiteblaf Breytenbach :

    En sedert Andries sy baard afgeskeer het om incognito met die Dene te kan praat – tot ons aller vreugde: geluk met die prys, Andries! – sal hy dalk meer lig kan werp op die netelige kwessie van skeermesse of lemmetjies wat soos ski’s girts. Of juis nie.

  11. Dankie Breyten. Vanoggend voel juis so effe “Dress Rehearsal Rag”. Die baard is weer terug, Snor City style. “Wasn’t it a strange way down?”

  •