Desmond Painter. voor in die wapad (remix)

voor in die wapad (remix)

 

die lewe is nie so-

lied nie dis

aanhou

                        beweeg

aanhou raas

die lewe maak ʼn aar-

dige

geluid bome wat

           brand

bande op nat

teer jy soek

verniet staan-

                        plek

of stilte die

lewe bly

in vloed

neem

sy loop

by wyse van

spreke in

eie mond die lewe

            is

in gedagte

            woorde

wat nooit

stand-

                        punt

word of sin dis

wat staan

vergaan

wat loop gaan

            dood –

voor                    in die wapad

brand ʼn voort-

vlug-

            tige         vlam

knetterend en selfvernie-

tigend

op reis

die lewe is die vet

is in die vuur

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Desmond Painter. voor in die wapad (remix)”

  1. adriaan :

    mooi so desmond, gps vir hulle die doderyk sodat hulle kan terugkeer aarde toe

  2. Desmond :

    Adriaan, jou kommentaar is in sigself ‘n gedig. (Skielik kom Bowie se “Ground control to Major Tom…” by my op.)

  3. adriaan :

    you said it: “die vet is in die vuur”

  •