Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 March 201312 March 2013

Hannalie Taute. Van haar kop af.

Ek voel of ek van my kop af kan raak wanneer ek hoor van geweld teen vroue, maar dit blyk my dat dit nie nuut is nie.  Van die vroegste tye het dit al plaasgevind.

Onlangs het ek gelees van Anselm Kiefer (n duitse kunstenaar wat bekend is vir sy werke wat onder andere uit lood bestaan)  Hy het ʼn reeks beelde geskep met die titel:  “Women of Antiquity”  Hulle beeld onder andere drie briljante vrouens in mitologie uit, wat juis hul lewens verloor het as gevolg van hul buitegewone talente.

Die dame met die boek as kop stel Myrtis – die digter voor:

 “Myrtis was a greek poet from Anthedon, a small coastal town in northern Boeotia. Antipater calls her ‘sweet-voiced ‘ and places her amongs the best of women poets.   5th centuary BC” (internet navorsing)

Sy is sekerelik my gunsteling, maar ek wens ek kan meer inligting oor haar op die web kry.

Dan is daar Hypatia: die filosoof en wiskundige wat ʼn glas kubus as kop het.  Sy was ook vermoor volgens ʼn paar bronne.  Een bron reken selfs dat sy vermoor is deur dat hul haar gesny het met die skulpe van mossels.

En dan is daar Candidia, ʼn Romeense heks wat slange in haar hare geweef het, maar hier word sy voorgestel met doringdraad as kop.

Een webwerf meen dat die punt wat die kunstenaar deur die werke wil maak is dat sterk vroue met individuele uitkyke nog altyd bestaan het, en het dikwels daarvoor gesterf.  Hierdie drie vroue was klaarblyklik vermoor omdat hulle uitgestaan het bo die res.

Daarom wil ek graag afsluit met hierdie gedig:

WAARSKUWING AAN MANS- Johann G. Smit 1896-?

Stadig met jou vrou Kerneels!

Uit n ribbetjie gemaak,

Is sy baie krom.

As jy haar wil reguit maak

Keer die wereld om.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d