Blikvanger: Digters gesels, dink en dans

 

Foto: Retha Ferguson. Geneem tydens Antjie Krog se voorlesing.

Die eerste berigte oor die pasafgelope internasionale poësiefees het vanoggend in die media verskyn. In Die Burger gee Bibi Slippers haar indrukke weer.

*

UITTREKSEL: “Die eerste internasionale Dansende Digtersfees is die afgelope naweek op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied. “Dis ’n dans,” het Breyten Breytenbach in sy kuratorswoord gesê, “omdat die beswerende beweging van poësie vooropgestel word, omdat om te dig ’n dans met die onnoembare is.” Die teenwoordigheid van ’n troep professionele dansers, die dans van duisende wit vlaggies in die wind en die jolige gedans waarmee die fees afgesluit is, het egter die “dans” ook op ’n letterlike vlak die kern van die fees gemaak.”

Lees die volledige berig hier.

 

 

 

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Blikvanger: Digters gesels, dink en dans”

  1. Marlise :

    Dit was voorwaar die heel beste digterfees wat ek ooit bygewoon het! Soveel woorde wat die ‘nothingness’ laat beweeg het. En dit op eie bodem. Nie eens die Poetry Festival in Rotterdam destyds het ek so geniet soos hierdie ene nie. Miskien juis omdat vervreemding oorbrug is en dit op eie bekende wingerdgrond was met ons eie beste digters daarby. Dis moeilik om ‘n gunsteling vir jouself te kies – almal wat opgetree het was koninklik en hartroerend. Maar ek het my veral verwonder aan Ko Un wat op 80 so passievol kon voorlees en boonop soos ‘n wapperende vlag met die afsluiting kon dans! En dan het Carolyn Forché my aangegryp en meegesleur en die meesterlike Breytenbach…om in die 70tigs so te kan riel soos hy, letterlik en woordeliks was uitsonderlik! Salamun, ja, en die lange ‘Young’ Lian en Marlene… ag die hele klomp digtendes was bedwelmend. Die besprekings iets om nog lank aan te herkou. Geluk aan Spier en BB wat hierdie fees vir ons saamgebring het. Ek hoop dis weer daar volgende jaar. Dit moet!!

  2. Zandra Bezuidenhout :

    ‘n gespierde welgevonden-fees
    manewales van digtendes
    sideshows van die malles
    dansende biddende sjimpansees almal
    van China tot Amerika
    o wee o wee die dronkverdriet
    oor die nag se laaste twiet

    Zandra

  3. @Zandra. Like!

  4. Dominique Enthoven :

    Marlise, namens Spier sê ek vir jou baie dankie vir die kompliment. Dis wonderlik om te hoor dat al die harde werk en beplanning die moeite werd was. Ons belowe daar kom weer ‘n fees, en ek wil voorstel dat Ko Un sommer dadelik weer genooi word. Op 81 het hy ons gewys wat jeug en vreugde en menslikheid beteken. Wat ‘n voorreg om hom te kon meemaak.

  5. Marlise :

    Dan is dit goeie nuus Dominique as julle weer so saamgesmolle fees kan byeenbring. Ek weet watse harde werk daar ingaan om ‘n fees te reël, maar dit was voorwaar die moeites en plesiere werd. Zandra se pittige vers getuig ook daarvan. Dat soveel bundels verkoop het van die digters, wys ook dat mense geinspireerd was, en meer wil weet van die digters. Om terug te lees in die profiele en digbundels beskikbaar … alles is by hierdie skakel: https://versindaba.co.za/category/dansende-digtersfees/

  6. Evette Weyers :

    Marlise, dankie vir die skakel na dansende digterfees, post fees.
    Zandra, jy kan altyd, ten volle in die oomblik, ‘n heerlike vers skryf om alles raak te vat! Dankie.

  7. Hier’s ‘n mooi video oor die fees deur Albert du Plessis en Carel de Beer: http://www.youtube.com/watch?v=_2n1aA2C5K0&feature=youtu.be

  •