Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 June 2013

Tom Gouws. “hector-pietà”

 

 

 

 

 

 

 

 

hector-pietà

 

uit die marmerkolom van my spoegwit taal

probeer ek verleë vir die seun ‘n beeld boetseer             

willoos hang die hande wat die koeëls wou keer

die knie ongedwonge geknak so sag so onbrutaal

 

gewillig die lyf tot fetus getroos deur kartetsmetaal

in die lokasie van die omsingelde hart het vrees ingeskeur

daar draal blanko verse op die tong se dooimansdeur                            

hector se hortende asemhaal is die taal se noodsinjaal

 

hoe beitel ek ‘n beeld se voeë skoon met stylfiguur

hoe worstel ek die oortollige vuilwit geweterots wég

hoe monumentaal is ‘n kind met bloed en versfraktuur

 

die dood weet alle seuns word uithuisig op die duur

elk verinneweerde gedig is kollektiewe pyn se patentreg

skierlik staan ‘n volk totaal ter fusilade in saluutvuur

 

 (c) Tom Gouws (2013)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Die onsienlike son (Jacobus van der Riet)
Wicus Luwes. Bysake, bywoorde en bygelowe →

4e gedagtes oor “Tom Gouws. “hector-pietà””

  1. Renette Vosloo says:
    2 September 2013 at 09:35

    aangrypend verruklik dat dit my hart aangryp en my tot nuutverle”e onthou dwing

    Reply
  2. Susan Smith says:
    19 June 2013 at 14:23

    Aangrypend.

    Reply
  3. Johanni says:
    18 June 2013 at 12:21

    ‘n Roerende sonnet uit die pen van ‘n meesterdigter.

    Reply
  4. Gerard Scharn says:
    18 June 2013 at 11:26

    Hier word ik stil van, een prachtig gedicht dat mij raakt!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Margaret Cordier-Biermann. Vonnis
  • Joan Hambidge. Eerste sneeu
  • johan swanepoel. tafel vir een
  • Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d