Hilda Smits. Amerikaanse gedigte as skepe (of meubelstukke)
Soos in my vorige blog genoem het ek besluit om my HAT woordeboek af te stof met die voorneme om my Afrikaans te verbeter in Nashville. Hier waar enorme motors soos vreesaanjaende tenks op Nashville se enkele brawe voetgangers afjaag, en waar die hoender binnekort ‘n uitgesterfde spesie gaan wees. Ek het die afgelope paar maande met ‘n paar Amerikaanse skrywers kennis gemaak, al dan vir nadoodse ondersoeke, en in die proses my woordeboek nader gesleep om hulle beter te bekyk.
Daar is iets aan ‘n goeie gedig wat die trein van jou gedagtes soos ‘n dief infiltreer, en jou dan die res van die dag oor die spore van die brein sleep. Jou dwing om te luister tot daar waar die binneste hart van die gedig klop. Daar is iets aan ‘n gedig wat ‘n gedig is, en so het ek besluit om enkele van hierdie skepe, en by tye slegs van hulle onderdele, te laat anker val in Afrikaans. Ek hoop van harte dat niemand verdrink het gedurende die proses nie. Die Russiese digter, Yevgeny Yevtushenko, het gesê, “Translation is like a woman. If it is beautiful, it is not faithful. If it is faithful, it is most certainly not beautiful”. Ek is bevrees my vertalings is nie faithful nie, en so by voorbaat my apologie aan Boyle, Stevens, Williams, Cummings en Eliot. Die proses het ‘n bietjie gevoel soos om meubels in ‘n huis met vele kamers rond te skuif. By tye het die toilet haarself skielik oorbluf in die kombuis gevind, of het die TV blind en beroerd in die tuin te stane gekom. Eksperimente, eerder as suiwer vertaling. Tog, wat ‘n wonderlike manier om woorde te mag herkou.
Kay Boyle, Summer (uittreksel)
III
Wind, tendinous, drifting dark and subtle in the channel, indolent, with one arm stroking the shore. Reeds follow the movement, flowing to light, following the mystery of muscles liberated under flesh. Wind fingering the rain and the melon flowers…the black-horned fungus growing under rye.
© K.Boyle, 365 Days, 1921.
III
seningrig is die lang arm van die wind drywend
in die donker water
slu strelend oor die sagte kurwes
van die strand.
hier volg die oë van riete elke beweging roer
die soepel spiere
van die sand in bevryding tas die wind na
die reën soos ‘n beminde
vloei alles na lig
hier groei die swart horings van swamme onder rog
Thirteen ways of looking at a blackbird, Wallace Stevens (uittreksel)
Lees die volle gedig hier: http://www.poetryfoundation.org/poem/174503
I
twintig stom sneeupieke slegs
die oog van die swartvoël roer –
II
ek het soos ‘n boom
drie breine drie swartvoëls
IV
‘n man en ‘n vrou is een ‘n swartvoël
‘n man en ‘n vrou is een ‘n
V
ek weet nie wat ek verkies nie,
die skoonheid van infleksie
of die skoonheid van insinuasie
die swartvoël se fluit,
of die oomblik daarna
XII
die rivier vlieg
op land in water
die swartvoël vloei
op land in water
William Carlos Williams, Between walls.
Lees die gedig hier: http://www.poetryfoundation.org/poem/180087
die vlerke
van die hospitaal
waar niks sal groei nie
ou kole waarin die gebroke
stukke van ‘n groen bottel gloei
E.E. Cummings, [i carry your heart with me(i carry it in]
Lees die gedig hier: http://www.poetryfoundation.org/poem/179622
ek dra jou hart met my (ek dra dit in]
ek dra jou hart met my (ek dra dit in
my hart) ek is nooit daarsonder nie (oral
waar ek gaan, gaan jy my skat, en wat gedoen
word deur my alleen is te danke aan jou, my liefling)
. ek vrees
geen lot nie (want jy is my lot, my lief) ek wil
geen wêreld hê nie ( jy is my wêreld, my waarheid)
en dit is jy is die betekenis van watookal ‘n maan nog altyd was
en watookal ‘n son altyd sal sing is jy
hier is die diepste geheim wat niemand ken nie
(hier is die wortel van die wortel en die kiem van die kiem
en die lug van die lug van ‘n boom wat die lewe genoem word;
wat hoër groei as wat die siel kan hoop of die denke kan verberg)
en hierdie is die wonder wat die sterre afsonder
ek dra jou hart (ek dra dit in my hart)
T.S. Eliot, Rhapsody on a windy night (uittreksel)
Lees die volledige gedig hier: http://www.poetry-archive.com/e/rhapsody_on_a_windy_night.html
twaalf uur. al langs die uithoeke
van die straat gevange in ‘n maan
sintese wat inkantasies fluister
verdwyn die vloere van die geheue
en al sy verligte gange
elke divisie en elke eksaktheid elke
straatlamp wat ek verbysteek
slaan soos ‘n fatalistiese drom
deur die donker ruimtes
skud die middernag se hande
die geheue soos ‘n besete man
‘n dooie geranium skud
“I carry your heart” is een van die mooiste freakin gedigte wat daar is.
Sien jy kans om Walt Whitman se “Leaves of Grass” aan te pak.
Veral hierdie deeltjie – my eie cosmic statement
I know I was even there,
I waited unseen and always, and slept through the lethargic mist,
And took my time, and took no hurt from the fetid carbon.
Long was I hugged close — long and long.
Immense have been the preparations for me,
Faithful and friendly the arms that have helped me.
Cycles ferried my cradle, rowing and rowing like cheerful boatmen,
For room to me stars kept aside in their own rings,
They sent influences to look after what was to hold me.
Before I was born out of my mother generations guided me,
My embryo has never been torpid, nothing could overlay it.
For it the nebula cohered to an orb,
The long slow strata piled to rest it on,
Vast vegetables gave it sustenance,
Monstrous sauroids transported it in their mouths and deposited it with care.
All forces have been steadily employed to complete and delight me,
Now on this spot I stand with my robust soul.
Pragtige gedigte wat jy gekies het, Hilda.
Gert, ek wonder of Whitman, die Kaptein van alle kapteine, hoegenaamd vertaalbaar is? Dalk nie heeltemal onmoontlik nie, maar ‘n helse uitdaging vir enige vertaler wat sy/haar sout werd is.
Dankie, Gisela.
Gert- voorwaar ‘n pragtige Whitman gedig. Dankie vir die uittreksel. Ek gaan myself voorneem om ‘n bietjie Whitman hierdie week te lees, en sal kyk of daar iets is wat ek vir jou kan vertaal.
Whitman is die grootste van die grotes.
Touch jonk was het hy lang ongetitelde gedig geskryf (I celebrate myself…) wat hy in later jare “song of myself” genoem het.
Dit is koue rillings stuff. As jy dit, of iets daarvan vertaal sal ek jou ewig dankbaar wees.
Gert, ek het nie van Whitman vergeet nie!
Dankie
check http://gertrautenbach.blogspot.com/2005/01/leaves-of-grass.html