Andries Bezuidenhout. Die wiskunde van skaduwees

Ek is nie goed met geleentheidsverse nie (die meeste gedigte neem maande om te voltooi), maar ek sou graag vandag een wou skryf. Dis vandag Louis se verjaarsdag en heel toevallig is Desmond en Claire se dogter vanoggend gebore. By gebrek aan ʼn geleentheidsgedig, plaas ek een in wording – oor lewensiklusse, afstand en poëtiese perspektiewe. Ek dra dit aan Louis, Desmond en Claire op, maar ook vandag aan Seamus Heaney. Dit kom uit Elandsbaai, gebore tydens ʼn oorslaap onderweg Stellenbosch toe:

Agter my Sandveld-ertappels,
genoeg om historiese Ierland van hongersnood te red.
Vir my, afgetrede ingenieur,
help knolle om pensioentjeks te rek,
hier op my Elandsbaaistoep,
waar ek branders intens bestudeer.

Meestal ek, gemakstoel en tyd
om te wonder oor branders agter my,
by Durban en Maputo (voorheen Lourenço Marques),
en of hulle skaduwees met sonsopkoms
soos die banders hier s’n teen skemer lyk –
die son van agter en lang skaduwees vorentoe
die oomblik net voor hulle breek.

Maar dan weer: Branders is kegels,
nie driehoeke nie. Hoe meet mens dan,
Liewe Heer, die skaduwees van branders?
As bouer van brûe moet ek seker nog leer
van die kurwes van ertappels en branders
en van die see se stormweer.

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Die wiskunde van skaduwees”

  1. Desmond :

    Dankie, Andries…

  2. carin Lawrie :

    Aangrypende gedig. Seamus Heaney – waardig- en waar dig.

  3. Louis Esterhuizen :

    Dankie vir hierdie besonderse gebaar, Andries. Die verjaarsdagvieringe was inderdaad baie spesiaal vir my; om my eie winkelpersoneel ook nie daarby uit te sluit … Watter voorreg om saam met sulke mense te kan werk. En ook al die vriende, kennisse en ons geliefde webmeester se Groot Bederf. Plus die wonderlike nuus van Desmond se vreugdevolle vaderskap. Ai …

    Nietemin. By wyse van aansluiting en treur oor ‘n gróót digter se heengaan plak ek my persoonlike gunsteling Heaney-gedig hieronder.

    Digging

    Between my finger and my thumb
    The squat pen rests; as snug as a gun.

    Under my window a clean rasping sound
    When the spade sinks into gravelly ground:
    My father, digging. I look down

    Till his straining rump among the flowerbeds
    Bends low, comes up twenty years away
    Stooping in rhythm through potato drills
    Where he was digging.

    The coarse boot nestled on the lug, the shaft
    Against the inside knee was levered firmly.
    He rooted out tall tops, buried the bright edge deep
    To scatter new potatoes that we picked
    Loving their cool hardness in our hands.

    By God, the old man could handle a spade,
    Just like his old man.

    My grandfather could cut more turf in a day
    Than any other man on Toner’s bog.
    Once I carried him milk in a bottle
    Corked sloppily with paper. He straightened up
    To drink it, then fell to right away
    Nicking and slicing neatly, heaving sods
    Over his shoulder, digging down and down
    For the good turf. Digging.

    The cold smell of potato mold, the squelch and slap
    Of soggy peat, the curt cuts of an edge
    Through living roots awaken in my head.
    But I’ve no spade to follow men like them.

    Between my finger and my thumb
    The squat pen rests.
    I’ll dig with it.

    © Seamus Heaney (Uit: Death of a Naturalist, 1966: Faber & Faber)

  •