Plekgedig 2: Die vabond van Vereeniging

Die vabond van Vereeniging

 

Hy, met sy olierige haar-slierte

en gespierte,

drankasem en Texan-sigarette

staan die kroeg vol.

Buite staan sy ysterperd

want hy jaag in plaas van hol.

die Vrees-van-Vereeniging

is hý gedoop

veral wanneer sy makkers hom omring.

Hy drink sy milk-stout

die-een-na-die-ander

want dis koud – maar hý is nog nie oud nie. 

Die los anties sê sy bek kort jêm –

dames sê sy tong kort lemmetjies,

maar hý voel ‘n dêm. 

Hy is die leier, die grootbaas, die menéér

níémand kan hom keer!

Vinnig met sy vuiste  

en goedkoop spyse, 

vinnig op sy bike

soos al die girls dit like!

Oppad na Jo’burg, gróót meneer!

Braaf en dapper gekombineer.

Hy voel nie meer seer

want vannaand spook hy weer

by De Deur…

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •