Plekgedig 3: Lochner de Kock. Citrusdal

Citrusdal

 

Strooi my as ligweg oor die skadu

van n goudswaar nawelboom

dat ek met eerstereen se loop

in Olifantsrivier mag swem.

Prakseer n seder houtkruis

met takkies uit Sneeuberg

en rooibosteeblaar woorde

wat singdans in die wind.

Citrusdal se naelstringkind.

Nooitverlore, Nooitgevind.

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Plekgedig 3: Lochner de Kock. Citrusdal”

  1. Ek wil ‘n paar opmerkings maak oor hierdie gedig. Ek gaan net sê waarvan ek hou en geen kritiek uitspreek nie. Dit is die beoordelaars se werk!

    Ek hou van die eenvoud van die gedig en hoë graad van pretensieloosheid. Dit laat mens aan Leipoldt se aanslag dink. Doodgewone werkwoorde soos “strooi” en “prakseer” laat die gedig vierkantig op sy voete op die grond staan. Interessant genoeg is hierdie aardsheid juis ‘n element wat die leser se gedagtes lig en ‘n reeks subtiele emosies gedemp aan die orde stel.

  2. Marlene Pauw :

    Kort. Kragtig. Vat al die elemente van Citrusdal kernagtig en tog treffend saam. dra die verbondenheid van dié Citrusdal-boorling onomwonde oor in die uitgesproke wens.

  •