Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 September 2013

Johann Lodewyk Marais. Malindi

MALINDI

 

Die bus ruk tot stilstand en onverwyld

kom tuktuks uit alle windrigtings aan

wat my op ’n besigtigingsrit wil neem.

Goed, ek spring by een in en ons rammel

deur die strate, verby ’n marktoneel

waar iemand ons groet, verby die huise

van Italianers wat kom sonbrand,

in die branders kapriol, rondflenter

en in die plaaslike boetik rondkyk.

’n Luo poseer by ’n ysterhek

voor ’n masker van sy stam en kom neem

’n munt uit my hand. Dan stap ek verder

deur die sand tussen die hoë mure

waar die mahobohobo’s en ranke

van broodwortels my na die see toe lei.

Op die paadjie verby die kremetarte

kom ek in die oopte en sien oplaas

die wit kruis van Vasco da Gama hoog

bo die koraalriwwe wat laagwater

oop en bloot na die noordooste toe lê.

 

© Johann Lodewyk Marais / 2013

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Jacques Cousteau
Johann Lodewyk Marais. Mogadisjoe →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Malindi”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    24 September 2013 at 00:42

    Baie dankie, Annora!

    Reply
  2. Annora says:
    22 September 2013 at 18:30

    Baie mooi x

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Eendagsvlieg en ander vlietente gedagtes (Rosa Keet)
  • Joan Hambidge. Hierdie lewe
  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  2. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  3. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  4. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  5. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d