KAAPSTAD, PLEK VAN NUWE BEGIN
Die Suid-Ooster wat mens op jou tande laat kners
het gaan lê en Tafelberg kruip skamerig uit onder sy wolkkombers;
Ek kyk oor die berg se hang – af na die see
en die goudglans van son op die water, bring ‘n vreemde heimwee.
O Kaapstad, plek van nuwe begin,
‘n toeverlaat vir boorling en vreemdeling –
menige traan is op jou strate gestort
en saam met die geskiedenis het jy oud geword.
Al voel jy die vibrasies van politiek,
Al maak rowerbendes jou ingewande siek,
vir my sal jy altyd bekoor met jou skoonheid
en my lippe sal verkondig jou roemrykheid.
Jou heuwels en jou dale,
Jou wingerde en jou beeskrale,
al die versiersels wat jy sorgvuldig omhang
bring my hiér, vol heimwee op Tafelberg se hang.