Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 September 201313 October 2013

Plekgedig 10: Annette Wessels . As dit my Wildernis was

As dit my Wildernis was

 

Sou jou voetspore die vroegoggenddou

se stilte versteur

en in die prag van oranje na pienk

die donker in begin kleur?

Sou my hart jubel in jou geel

so sigbaar ingeskuif

en sal jy my toelaat om daarin te deel?

 

As die see sy waters

teen jou eindelose kus kom slaan

en die sproei soos mis

in die hemel opgaan

lê die horison blink op sy dam

Sou die sout en die vog

deur vele vingers heen

ook my hare aan wou klam?

 

Vanoggend sigbaar voor die reën

in die bolug se koepelring

hang hier ‘n kleurspel

wat volmaak

dalk ‘n eeuoue boodskap wil bring?

 

So hoog soos bo die spieël se breek

het die bergwind jou branders ingerol

en maak die reuke van jou strande af

vir ‘n wyl die natheid in jou seestrome vol?

 

Omdat ek so tydelik in jou poorte mag vertoef

en jy my gedurig in jou skoonheid verdra

sal ek sag trap en die kortpaaie vermy

jou eerbiedig en doen wat jy vra

miskien so ook ‘n kompliment kan kry?

 

Daarom het ek vir jou ‘n stukkie goud

tussen skulpskerwe op gaan tel

in ‘n enkelstafie

tussen grofheid uitgespoel

as ‘n pêrel vir ons drome

in die palms van ons hande toegevou.

 

Asof dit ‘n pand is vir ons omgee

soos ‘n sieraad om ons liefde vas te hou

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d