Plekgedig 20: Hendriëtte Vorster. Middelburg draai nooit sy rug

Middelburg draai nooit sy rug

 

Gekoester in die skadu van die Renosterberg,

selfs met sy eie “klein” Tafelberg.

Lê die mooiste ou dorpie in die middel van nêrens.

Vir ons wat Middelburg lief het, is dit wél êrens.

 

Met karoobossies, klipkoppies en sterk fonteine,

selfs uit die geskiedenis, só baie geheime.

Kampioen merinos en angorabokke kom steeds van daar,

dit is die Karoo se witgoud van wol en haar.

Glo dit dus, want jy sal dit so ervaar.

 

Die warmste warm en klappertandkoud,

hier bly mense met harte van goud.

 

En ek onthou – ja ek onthou

die mooi van die wolke teen die lug só blou,

die reuk van die bossies na ‘n harde bui reën.

Heer, sal U dan ons dorpie altyd so seën?

 

Vra mense dan: “Waar is dié plek nou weer?”

dan moet ek antwoord: “Naby Graaff-Reinet, Meneer.”

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •