Plekgedig 32: Debbie Pentz . Parow kom nie van gister af nie

Parow kom nie van gister af nie

 

Kaptein Parow se skip, Kehrwieder, word deur ‘n storm gestrand –

so sit hy vir die eerste keer, in Kaapstad, voet aan land.

Agtien ander skepe loop dieselfde tyd deur;

dit het alles in 1865 gebeur.

 

Johanna Timmerman se pa sien sy nood –

hy help hom met ‘n bed en brood.

Johann Parow raak verlief op die jong vrou

en kort voor lank staan hul op trou.

 

Veeboerdery vir handeldryf het sy aandag begin verg –

toe hy potensiaal sien in grond aan die voet van Tygerberg.

Die geld in sy sak maak sy glimlag breed,

uit die grondverkope wat deesdae Parow heet.

 

Sonder kroos sterf die Kaptein in 1910.

Tien jaar vroeër het Johanna reeds die hemel gesien.

Vandag staan Kaptein Parow se standbeeld voor die Munisipale gebou –

sy teleskoop word ook daarbinne veilig gehou.

 

Die Afrikaans rapper Zander Tyler is ook in Parow gebore.

Met Jack Parow as verhoognaam, trek hy oral gehore.

Parow is die plek waar ek ook vir jare reeds bly,

maar by ‘n rapkonsert sal jy my nooit ooit kry. 

 

 

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •