Plekgedig 33: Nicolette van der Walt. Oudtshoorn

Oudtshoorn

 

hier is somer self die spreker ook winter

is te ryp om stil te word luister

jy sal die stem van water

uit die kalksteen van dié gedig

sien drup van vroeg af reeds

hangbrug lig ‘n helder aar

vanaf Buffelsdrift tot Mooihoek oor

koggelmandervoet  botterboom

pronkvygie en lidjiestee –

fragmente uit die skrywer

se onuitgeebare boek

die Swartberg en Outeniekwa is

twee parentese tussen hulle

dommel volstruis en bot

amandelbloeisels in die dop van God

se klein mandorla staan klapperbosse

soos krismiskinders uit die Rubáiyát

van al my seisoene op

 

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Plekgedig 33: Nicolette van der Walt. Oudtshoorn”

  1. Everline van Dyk :

    Pragtig!

  2. Marlene Pauw :

    Ek hou van die ineenvloei van een beeld in die ander. ‘n Mondvol om aan te herkou.

  •