Plekgedig 35: Ode Krige. Johannesburg

Johannesburg

 

Jy vlieg na Jo’burg toe?

Kosmo-stad van my kind-verlang…

 

Ag bring my die profiel

van ‘n uitgewerkte skag

die hoëveldse stof

van Byleveld

se skoen

die waai van wasgoed

naby Braamfontein spoor

die nanag reuk

nimmer stilte

in ‘n Hillbrowstraat  verloor

die verlate noot

van my kind se kitaar

met die wit en swart hond

in die Sondagpark

één Rasta-haar

van my onbekende klong

êrens daar in Kensington

ek wil dit in my Bybel sit

want Ouma

wag umsonst vir hom.

 

Homer kom huis toe.

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •