Andries Bezuidenhout. Die hel is ʼn digter met ʼn mikrofoon…

… behalwe miskien as hulle weet wanneer om op te hou. Hier is uittreksels uit “Poetry reading”, ʼn ou gunsteling deur Wisława Szymboska (soos vertaal deur Stanislaw Baranczak and Clare Cavanagh):

To be a boxer, or not to be there
at all. O Muse, where are our teeming crowds?
Twelve people in the room, eight seats to spare
it’s time to start this cultural affair.
Half came inside because it started raining,
the rest are relatives. O Muse.

[…]

In the first row, a sweet old man’s soft snore:
he dreams his wife’s alive again. What’s more,
she’s making him that tart she used to bake.
Aflame, but carefully – don’t burn his cake!
we start to read. O Muse.

Deesdae is daar egter poësievoorlesings – of dalk eerder poësie-opvoerings – wat groot gehore lok. Ook hier in Pretoria, waar daar byvoorbeeld elke maand voorlesings op die grasperk voor die Uniegebou plaasvind, meestal protespoësie wat gerig is op die lywe wat agter die neoklassieke sandsteengebou se houtlessenaars sit. (Lees meer daaroor in die laaste uitgawe van Guillotine.)

Ek kom vanoggend op hierdie satiriese stuk af – oor minder effektiewe benaderings tot die voorlees van gedigte (nie vir sensitiewe kykers nie).

(Dankie aan Rustum Kozain vir die skakel op fb.)

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •