Dansende Digtersfees. Ilya Kaminsky (VSA / Ukraïne)

Ilya Kaminsky is een van die digters wat vanjaar by die Dansende Digtersfees by Spier Wynlandgoed buite Stellenbosch gaan optree. Dié fees vind vanjaar op 9 en 10 Mei plaas. Besoek die amptelike webblad vir meer inligting.

*

Ilya Kaminsky (1977) is in Odessa, Ukraïne, gebore. In 1993 het sy ouers egter na die VSA geïmigreer waar hy sedertdien woonagtig is. Hy skryf in Engels en is tans dosent in Vergelykende Letterkunde aan die Universiteit van San Diego:  “I chose English because no one in my family or friends knew it—no one I spoke to could read what I wrote. I myself did not know the language. It was a parallel reality, an insanely beautiful freedom. It still is,” het hy tydens ‘n onderhoud gesê.

Volgens Kaminsky se amptelike webtuiste, die volgende: “Ilya is the author of Dancing In Odessa (Tupelo Press, 2004) which won the Whiting Writer’s Award, the American Academy of Arts and Letters’ Metcalf Award, the Dorset Prize, the Ruth Lilly Fellowship given annually by Poetry Magazine. Dancing In Odessa was also named Best Poetry Book of the Year 2004 by ForeWord Magazine. In 2008, Kaminsky was awarded Lannan Foundation’s Literary Fellowship. Poems from his new manuscript, Deaf Republic, were awarded Poetry Magazine‘s Levinson Prize and the Pushcart Prize. His anthology of 20th century poetry in translation, Ecco Anthology of International Poetry,  was published by Harper Collins in March, 2010. His poems have been translated into numerous langauges and his books have been published in Holland, Russia, France, Spain. Another translation is forthcoming in China, where his poetry was awarded the Yinchuan International Poetry Prize.”

By wyse van ‘n lusmaker volg ‘n aantal uitsprake oor die werk van dié begaafde digter, met ten slotte ‘n gedig uit Deaf Republic.

Boeke van Kaminsky wat tydens die Dansende Digtersfees beskikbaar gaan wees, is die volgende:

“The Ecco Anthology of International Poetry” (2010: Ecco Press)

“Dancing in Odessa” (2013: Arc Publishers)

*

“Like Joseph Brodsky before him, Kaminsky is a terrifyingly good poet, another poet from the former U.S.S.R. who, having adopted English, has come to put us native speakers to shame… It seemed to take about five minutes to read this book, and when I began again, I reached the end before I was ready. That’s how compulsive, how propulsive it is to read. It wraps you in a world created by a new and wonderful poet.” The Philadelphia Inquirer

“With his magical style in English, poems in Dancing In Odessa seem like a literary counterpart to Chagall in which laws of gravity have been suspended and colors reassigned, but only to make everyday reality that much more indelible.  His imagination is so transformative that we respond with equal measures of grief and exhilaration.”American Academy of Arts and Letters Citation for Metcalf Award

“A superb and vigorous imagination, a poetic talent of rare and beautiful proportions, whose work is surely destined to be widely and enthusiastically noticed and applauded.” Anthony Hecht

“Kaminsky is more than a promising poet; he is a poet of promise fulfilled. I am in awe of his gifts.” Carolyn Forche

“Passionate, daring to laugh and weep, direct and unexpected, Ilya Kaminsky’s poetry has a glorious tilt and scope.” Robert Pinsky

Dancing in Odessa is born under two signs– memory and ecstasy. Ilya Kaminsky proceeds like a perfect gardener–he grafts the gifts of the Russian newer literary tradition on the American tree of poetry and forgetting.” Adam Zagajewski

 

***

No. 10

 I kissed a woman

whose freckles

aroused our neighbors.

Her trembling lips

meant come to bed.

Her hair falling down in the middle

of the conversation

meant come to bed.

I walked in my hospital of thoughts.

Yes, I carried her off to bed

on the chair of my

hairy arms. But parted lips

meant kiss my parted lips,

I read those lips

without understanding

soft lips meant

kiss my soft lips.

Such is a silence

of a woman who

speaks against silence, knowing

silence is what

moves us to speak.

(C) Ilya Kaminsky

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Dansende Digtersfees. Ilya Kaminsky (VSA / Ukraïne)”

  1. Waldemar Gouws :

    ‘n “Godsend,” kan mens Kaminski en Susan Harris se bloemlesing noem, veral as die etimologie van die “send” hierbo ook in ag geneem word, nl. met die betekenis van “boodskap.” Die eerste een van wie werk in die boek opgeneem is, is Tagore, van Bengale, geb. in 1861, terwyl die laastes uit die totaal van 209 digters in die 1980’s begin rondkyk het.

    Kaminsky skryf in sy voorwoord: “Reading an anthology of world poetry gives one a chance to overhear … what Anna Akhmatova once called ‘correspondences in the air’ – that is, moments when authors of different geographical and historical circumstances, languages, and traditions, seem to address each other in their works.” Hy haal Voznesensky aan: “Languages are many, poetry is one.”

    Nie een digter uit Suid-Afrika is hierin geboekstaaf nie. Oor Afrikaans skrywe Kaminsky die volgende: “… there are colonial languages such as Afrikaans, which was as central to the identity of many ‘colored’ South Africans as it was to the white Boers – and is a tragic reminder for many black South Africans of a language that served as a medium of the apartheid regime. The history that surrounds this language is torturous and oppressive, and yet the work of poets writing in it – such as Breyten Breytenbach – is resonant, moving, rehabilitating.”

    Die maatstaf vir insluiting was: “… the quality of the poem in English. Of course I do not mean ‘perfect’ English – many poems in this anthology sound strange, even at times awkwardly alien, not because they are poorly written in English, but because they express something new in it.”

    Wanneer daar gedans word op Mei se digtersfees, dans ‘n song vir ons weggelate suster, en koop The Ecco Anthology of International Poetry voor die laaste taptoe.

  2. Dominique :

    Die ou digter en die jong digter sit aan tafel, flets lig val oor die donker blad. Pura, die Meksikaanse vrou wat nou byna opgevreet is deur kanker, sy’s so petiet soos ‘n verhongerde mossie, net haar oë gloei nog groot van tussen die versreëls kyk in die dood, haar laaste opdrag is om vir haar seun wat ‘n baritonsanger is ‘n reeks lieder te skryf, het vir die ou digter vertel hierdie jongeling se totale doofheid kom van pampoentjies wat hy op sewejarige ouderdom gehad het. Die ou digter sukkel om die jong digter se uitspraak uit te maak. Hulle speel ‘n spel van name, van tye en getye en tradisies en klank gedra deur eeue se gedigte. Hóór die jong digter enigiets? Die name word geskommel en met skreefogies beloer, word triomfantlik soos wenkaarte op die bladspieël uitgepak.

    “Wie is jou geliefde skrywers?”

    “Vallejo. Lorca. Szymborska. Mandelstam. Du Fu…”

    Elke naam bring ‘n snoer van verdere name.

    “Ek gee vir jou twee Russe in ruil vir jou Chinees…”

    “Wie is die digters wat jou aan die skryf sit?”

    ”Ha-ha-ha. Kavafi. Tsvetajewa. Celan…”

    “Vertaal jy self jou verse vanuit Russies na Engels?” vra die ou digter.

    “Emily Dickens het deurmekaar geraak met die grammatika, sy kon nie alles in die reëls insper nie,” antwoord die jong digter.

    “Hou jy van Ritsos en Montale se werk?” vra die ou digter.

    “Dis dalk waar,” antwoord die jong digter. “Maar Borges se verse werk goed in Russies, juis omdat dit so donker is.”

    “Ken jy die werk van Lucebert?”

    Sy donker oë is op die ou digter se lippe gevestig asof hy nog nooit ‘n mond van naderby gesien het nie.

    “Ek kom van Odessa. Dis Babel se wêreld. Ek moet alles vóél.”

    Is daar enigiets wat die jong digter kan hoor behalwe gedigte?

    Toe die strate glimmend nat is buite in die donker nag lees Ilja Kaminski sy versreeks, “Dowe Republiek”, voor in die barok teatertjie La Bonbonnière waar blou en pienk verf afdop van die lyste se krulle. Eers het Elfi Sverdrup haar vreemde klankkonstruksies soos klonte voorgedra, die brullende opbreek van winde met asem soos ‘n duiwel se vloeke uit haar derms en buik totdat dit vasslaan teen die verhemelte. Een so ‘n knorknaag in die keelvel kom as dialoog van Inuït vroue wat met diep asemontploffings wedywer teen mekaar en die wat eerste lag verloor. Daarna lees Michael Krüger die brief wat God in die hemel vir Marx geskryf het, om te vra hoe dit gaan en waarmee hy hom deesdae besig hou. Marx hou nie van Bach nie.

    En nou is dit die groot, lomp, dowe jong Ilja se beurt. Hy buig sy aansienlike bo-lyf in die losse trui oor die mikrofoon, haal sy bril af en bring die bladsye tot dig aan sy oë. En begin skandeer. “Hy praat nie soos ‘n dowe nie,” sê Pura. “Hy verwoord doofheid.” Aan die begin kan mens nie uitmaak of hy in Russies of Engels lees nie. Sy stem klim soos dié van ‘n wenende wolf. En tjank. So het Brodski ook gelees. Dit moet ‘n bepaalde Russiese ekstase wees. Vroeër die dag het hy gesê Brodski se raad was dat indien jy in die Empire lewe dit ver van die hoofstad moet wees, by die see.

    Terwyl haar man slaap, vertel Sonja ‘n storie

    … reg in die pad van die aankomende trein

    naai ‘n vrou en ‘n man in die sneeu.

    Oorweeg dit, my siel, hierdie tekstuur van koppigheid en wees stil:

    terwyl sy sak en styg bo hom in die lug,

    begeer hy haar en hy begeer haar nie, hy wil haar hê

    met die belofte van daardie volheid.

    Oorweeg hierdie aankomende trein

    waarin die kondukteur fluit, die klok lui en skree

    asof hy weier om te glo hulle is doof

    Oorweeg, my siel, die doofheid

    en die man, sy aardse voertuig.

    Die trein hou stil, die kondukteur fluister

    Mag julle die lotery wen en dit alles uitgee op dokters!

    Die vrou trek haar jas reg, en lag –

    “Een van ons moes eerste stop, meneer. Ek kon nie.”

  3. Dominique :

    Die Breytenbach aanhaling hierbo kom uit Versindaba se Bio’s en Gedigte

  4. Maria Snyman :

    Wow, Dominique, baie dankie! Het ek nou lekker gelees aan jou “kommentaar”! Ek het die volgende gekyk-en-luister en ook baie geniet: https://www.youtube.com/watch?v=7MFfD2Ef-AA

  5. René Bohnen :

    Dankie, Dominique, vir ‘n treffende skrywe en, Maria – wat ‘n vonds en openbaring vir my. Ilya Kaminsky!

  •