Gedigte oor Pretoria gevra vir Biennale-tydperk

Goeie dag –

Ons is besig met `n projek vir CoolCapital 2014 www.coolcapital.co.za  . In samewerking met Atterbury Property wil ons in die Biennale tydperk gedigte in hul winkelsentrums teen mure plaas asook op die restaurante se plekmatjies. Ons benodig inhoud en wil weet waar ons die uitgawe van Guillotine (Pretoria) in die hande kan kry om Pretoria spesifieke gedigte te kan bekom en bloot te stel aan `n groter gehoor. Ons benodig n verskeidenheid in Afrikaans, Engels en Sepedi en `n mengsel van oud en nuut soos bv. Pretoria Afternoon.

Hoop julle kan help. Laat weet asseblief as daar iemand is wat kan help soek en “ curate” asook betrokke kan raak by die projek. Ons is almal vrywilligers. Sien asb. webblad vir meer detail en  facebook cool capital 2014.

Vriendelik groete,

Pieter Matthews

 

Tel. nr. (012) 346 0835

E-pos: pieter@maaa.co.za

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Gedigte oor Pretoria gevra vir Biennale-tydperk”

  1. Johann Lodewyk Marais :

    Protea Boekwinkel in Hatfield, Pretoria, behoort eksemplare van “Guillotine” aan te hou.

  2. Die idee van Cool Capital of te wel die Wereld se eerste en enigste ” uncurated DIY guerilla biennale” is om ‘n verskoning of platform te skep vir vele kreatiewe en onverwagse intervensies in Pretoria of Pappastad.
    Die owerhede sal nooit bystaan of ondersteun ,nou doen ons dit maar self.
    Die Atterbury projek moet ons ” curate” aangesien die ruimtes en baniere beperk is. Ons hoop dat in ‘n skool of by jou werkplek of winkelsentrum gedigte gaan op pop. Meeste van ons vrywilligers is ontwerpers of in die, visuele en beeldende kunste – daarom soek ons hulp en digters wat wil saamspeel.Die logo is ” open source” so voel vry om dit te gebruik.

  •