Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 June 201419 May 2014

Jacobus van der Riet. Op die vooraand van Corpus Christi, 16 Junie 1990

Op die vooraand van Corpus Christi, 16 Junie 1990

Hector Pieterson word weer gedra deur die strate,
van lamppaal na lamppaal in die arms van Mbuyisa.

Hoor hoe roep die plakkate: Remember June 16.


Hector Pieterson lê kop agteroor, so swaar gewond,
sy oog gesluier, regterhand geknak oor sy maag

die bloed om sy mond gestol deur die foto.


Mbuyisa se mond is van inspanning oopgesper
en van afgryse; hy dra Hector op die hande,

dra hom ver, tot in derduisende harte.


Hector Pieterson is deur drie sarsies verf
gestensil teen ‘n muur, swart, groen en geel:

die skoolkind sterf in die arms van Mbuyisa.


Hector Pieterson word weer gedra deur die strate,
sy lyfie vir ewig in die arms van Mbuyisa Makhubu.



©
Jacobus van der Riet / 2014



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jacobus van der Riet. Twee gedigte
Jacobus van der Riet. Gedigte oor Keltiese Heiliges, ter gedagtenis aan wyle Karel Schoeman →

2e gedagtes oor “Jacobus van der Riet. Op die vooraand van Corpus Christi, 16 Junie 1990”

  1. Carin Lawrie says:
    17 June 2014 at 04:15

    Verrykende en ver-reikende gedig. Dankie daarvoor.

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    16 June 2014 at 14:06

    Dankie, Jacobus – baie bly oor hierdie gedig in Afrikaans. In Berlyn is daar n
    skool na Hector Pieterson vernoem.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Twee Overzijden” (Yves T’Sjoen)
  • Joan Hambidge. Lina Spies Deel I
  • Jasmyn Beetge. Leek
  • Jasmyn Beetge. Spinnerak
  • Daniel Hugo. Donald Riekert (1947-2011)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Donald Riekert (1947-2011)11 July 2026

    Donald se bundels versier my boekrak ook. Vol woordjuwele.

  2. Bernard Odendaal on Anton Döckel. NPvWL9 July 2026

    Roerend, Anton.

  3. Bernard Odendaal on Anton Döckel. NPvWL9 July 2026

    Treffend, Anton.

  4. Bernard Odendaal on Anton Döckel. Klipskerwe6 July 2026

    Treffend, Anton.

  5. Marieta McGrath on Anton Döckel. Klipskerwe6 July 2026

    Mooi.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d