Lykdig 4: Ilisna Nel. Verlore siel

Verlore siel

Vir Ingrid Jonker

 

Die eggo’s het reeds daardie dag antwoord gegee
jou kinderhart vol vrees en haat, knus in jou moeder se skoot
die vader waarna jy gesmag het, het jou van sy liefde weggestoot
pyn het daardie kamer gevul toe jy jou eerste asem die wêreld in skree.
Krampagtig –byna kranksinnig- het jou moeder haar trane weg gevee
jou kinderlyf reeds vroeg vir die haat van die wêreld ontbloot.
In jou oupa se grappe het sy mening duidelik gelê.

Vroeg reeds het jy toevlug in jou woorde gevind
teen mure het jy en jou pen na vrede gesoek,
jou enigste leermeester ‘n ou Halluleja-boek.
Woorde vas gepen in die bewe skrif van ‘n jong kind.
Liefde en erkening –al was dit min- het jy verslind.
Ten spyte van al jou haat, slaag jy en kry jou woorde in ‘n eie boek.
Weer was dit jou pa wat jou die seerste skop…

Vrywillig het jy jou hart oop gevlek,
vir enige bereidwillige siel.
‘n Diamant wat skitter toe hy voor jou kniel,
hoendervleis hardloop speels oor jou liggaam wanneer hy jou sag soen in die nek.
Maar hulle sogenaamde liefde het jou reeds gebreekte hart  gevlek.
Elke man wat jou lewe binnegekom het, het jou nog ‘n bietjie meer verniel.
Al manier om daardie kring van haat te ontsnap was om finaal jou asem uit te blaas.

‘n Water nimf is wat jy was.
Twee maal het jy ‘n noue waterdood vry gespring.
Maar water is wat jou vrede sou bring.
Jyself het voorspel dat jou liggaam gevind sal word tussen wier en gras,
maar wat as dit als net ‘n slegte droom was…
Dan kon jy jou roem waardeer en dae saam jou blondekop dogtertjie deurbring.
Maar saam die watergod het jou siel ware rus gevind…

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •