Lykdig 6: Adele Changuion. Dors

Dors
Vir Ingrid Jonker (1933-1965)

Soekend het jy gewandel,
dorsend smag jy,
tog net een druppel op jou tong.

Nie een se water kon jou les,
nie hulle, of hy nie,
en selfs nie eers sy nie.

“Soek en jy sal vind…”
soek, soek, soek.

Met soutwater tot bekering,
jaag jy die vrede na…

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •