Maak dit ’n dubbel
vir Arthur Rimbaud en D J Opperman
in ‘n grot
se groot blou donkerte
vlam sy vuuros
soos die braambos
rokende dolos
wat flenter en val
vloeksteenwoord
met ’n toekoms
en ’n verlede
timor mortis conturbat me
sy seisoen van hel
wissel waswit blaaie
vleeskleur
spookbeeld
niks
in die begin was die Woord
lewendige Lazarusletters
wat opstaan en loop
timor mortis conturbat me
sy buffel
ken geen metafisika
jou illuminasies
word liefdesletsels
ons hou hande
by die pêrelpoorte
hy is dubbeld – jy is dwars – ek is
timor mortis conturbat me
as ons duldelose dae
soos droë rowe val
draai Tyd sy wysters
om en om en om
die klok slaan sy slag
kaarthuiskoning kantel
timor mortis morte pejor
julle vlieg vooruit
na ’n plek
van doodlêstiltes
sterre wit soos sout
Bokkie
ek moet huis toe gaan