Helize van Vuuren. Vir Breyten: hierdie winter-se-pampoen “om aan te smul op sy verjaardag die 16de September”…ons klink die glase!

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Helize van Vuuren. Vir Breyten: hierdie winter-se-pampoen “om aan te smul op sy verjaardag die 16de September”…ons klink die glase!”

  1. Marlise Joubert :

    Breyten, hartlik geluk met
    jou verjaarsdag op die 16de September!

    op hierdie lentedag mag jy ‘n berg uitklim
    en tussen vygies en pampoene gaan rinkink
    tot laatnag jou woordlyf vol skemersangpartytjies
    en versindabas hou –
    tot die son weer sy stywe litte rek
    en jou kom haal vir nog vele jare
    se goue aardse verblyf

    ons lig die glase inderdaad op jou!
    ook hier, in ‘n Boord se huis.

  2. Charles Tait :

    Lekker verjaar, Breyten. Mag daai pampoenpitte wat jy saai, nooit deur die maan opgesluk word nie.

  3. Webmeester :

    Lees gerus ook: Onvrede met woorde bly – deur Breytenbach se jarelange vriend, Ampie Coetzee: http://www.netwerk24.com/vermaak/2014-09-16-onvrede-met-woorde-bly

  4. Francis :

    Dankie vir die heerlike dis Helize. Ek lig ook my glasie op die woordwiggelaar. Hartlik geluk Breyten!

  5. Waldemar Gouws :

    Veels geluk met die (belangrikste) verjaardag vanjaar. En baie dankie vir die antifascistiese pampoene, die vere, die verse – die laaste een, die ode, wat met die krag van die duende waaraan Lorca ons bekend gemaak het, jou lesers tref! Mag ons nog lank deur jou getroffe wees. Mag jou kleure helder uitstaan, en nie gou gryp na Goya se bitumen nie.

  6. Gideon Strydom :

    Hartlik geluk, Breyten. Gesondheid!

  7. Levina :

    Alles so begeesterd, en dit oorlat ons grootste digter so smullekker verjaar: http://www.dieburger.com/vermaak/2014-09-15-die-afrikaanse-gedig-betree-n-nuwe-begeesterde-wreld

  •