Webmeester. Kommentare… (probleem opgelos)

repairOns het ‘n probleem met die spammarazzi, veral uit die oostelike sfere, wat ons Afrikaanse poësie nou teiken en wil vernietig. Die meeste word in die vangnette opgeraap en vernietig, maar sommiges glip wel deur en klou soos kopluise aan verskeie blogs. Ons is jammer daaroor. Maar ons werk aan die probleem. Tans het ons ‘n kode-blokkie gelaai waar die kommentator ‘n paar letters en syfers moet intik voordat sy kommentaar sal verskyn. Dit sal jou slegs 3 of 4 sekondes neem om dit te doen. Die kodeblokkie is onder kwarantyn en dus nog nie heeltemaal beweeglik en op spoed nie. Wees asseblief geduldig, toets dit selfs uit – ons sal die probleem binnekort regstel!

DIT WERK NOU!

En sedertdien het ek nog GEEN  spamgevrete van enige aard

eers in my spammandjie gekry nie . (mj)

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Webmeester. Kommentare… (probleem opgelos)”

  1. Marlise :

    Ek is in kennis gestel dat die kodes nou werk! Nou kan almal maar weer laat waai met die kommentare – en ek vermoed dit sal nou aansienlik beter en gesonder gaan.

  2. Marlise :

    Ja, dit werk nou weer. Nadat jy jou kommentaar getik het, kan jy net die letter- en syferkode onderaan ook invul en dan klik jy net op Stuur kommentaar.

  3. Waldemar Gouws :

    Marlise, dankie vir al jou moeite met die Filistyne. Iemand sit en skryf seker vir hulle voor.

  4. Marlise :

    Ja, Waldemar, hulle is nou uitgeroei oftewel gefnuik. Robotte is nie slimmer as mense nie…hierdie spams word outomaties uitgestuur, vragte van hulle. Ek dink nie hulle sal die moeite doen om die kodes te sit en intik nie. Net jammer hulle het ‘n klomp goeie kommentare soos Buiteblaf s’n vernietig.

  5. Buiteblaf Breytenbach :

    Ek moes van beter geweet het en meer opgelet het na die implikasies van Walter Benjamin se selfdood (dis waaroor die kommentaar gegaan het) en die ‘boodskap’ van die gedenktonnel vir hom daar bo teen die kranse in Port Bou gesien het as gesonde waarskuwing. Dit wentel immers rondom Benjamin se laaste en gedeeltelik verlore werk, ‘Passages’, en dat mens behoort te leer om alles te laat gaan.

  6. Maria Snyman :

    Die geskenk van die dood, letterkunde in die geheim a la Mnr Dronkmaak Derrida, Benjamin se “Passages”, Freud se Delusion & Dreams, Jensen se Gradiva – “sy wat pragtig stap”, Vesuvius se as, “die beginsel van stof” … robotte en roerende oomblikke in die geselskap van digters … droom ek myself nou disnis … laat ek sien of die nuwe kodeknoppie kan laat werk …

  7. ‘Kommentaargevaar’ – miskien n kompliment!

  •