Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 June 201625 June 2016

Gilbert Gibson met Media24 se Elisabeth Eybersprys vir poësie bekroon

index
Gilbert Gibson

Gilbert Gibson, is gisteraand (22 Junie 2016) tydens Media24 se prysuitdelingsfunksie met die Elisabeth Eybers-prys vir poësie beloon vir sy bundel Vry-. Volgens die beoordelaars word die leser in dié bundel gekonfronteer met ’n unieke stilistiese wyse waarop temas ontgin word. Hierdeur “kom die voorheen bekende Vrystaatse gegewe skielik in ander gedaantes na vore – verryk met ’n verbrokkelende, stamelende broosheid.”

Gibson het in 2001 in Nuwe Stemme 2 met 12 gedigte gedebuteer. Sy eerste bundel, Boomplaats, het in 2006 die Protea-poësieprys vir die beste Afrikaanse digbundel wat die vorige jaar verskyn het,  ontvang. Boomplaats was ook op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Sy tweede bundel, Kaplyn, het in 2007 verskyn daarna het Oogensiklopedie in 2009 en [VII] in 2013 verskyn.

Vry-
Omslag

In sy resensie van die bekroonde bundel vir Versindaba, het Bernard Odendaal die volgende oor Gilbert Gibson se digkuns te sê gehad: “Gibson beoefen ’n digkunssoort wat eers intense intellektuele betrokkenheid van die leser verg, voordat die emosionele betekenislading in die leeshandeling oordraagbaar word. Dié digterlike werkswyse word tot taamlike uiterstes gevoer in gedigte met punktuasie wat soos selfstandig betekenende elemente (soos “woorde”) ingespan word – ’n skryfstyl wat herinner aan tekengebruik in die digitale omgewing, en wat sowel aaneenskakeling as (onder-)skeiding sinjaleer […] Na my mening sal die bundel beslis ter bekragtiging dien van Gibson se status as (tweemaal bekroonde) verteenwoordiger van die meer (“hermeties-”) geslote digkuns – een van die interessante tendense in die Afrikaanse digkuns sedert die millenniumwending.

Die ander genomineerde bundels op die kortlys was Daniel Hugo (Takelwerk, 2015: Human  Rousseau) en Marlise Joubert (Bladspieël, 2015: Human & Rousseau)

Graag wens ons Gilbert Gibson geluk met hierdie welverdiende bekroning.

*

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Gisela Ullyatt. Stuur groete aan die reën.
Gilbert Gibson behaal tweekuns met ATKV Woordveertjie-bekroning →

2e gedagtes oor “Gilbert Gibson met Media24 se Elisabeth Eybersprys vir poësie bekroon”

  1. Cas Vos says:
    23 June 2016 at 21:07

    Gilbert, van harte geluk met die toekenning. Dis welverdiend.

    Reply
  2. marlise says:
    23 June 2016 at 18:44

    Baie geluk, weereens Gilbert. Onteenseglik verdien jy hierdie prys!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d