Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 August 20164 August 2016

“Voices on Fire”. Gedigte in McGregor 26 tot 28 Augustus 2016

Voices on Fire

GEDIGTE IN McGREGOR 26 – 28 AUGUSTUS 2016

“VOICES ON FIRE.”

Kom en vier die hartskos van woorde saam met ons.

 

Gedigte in McGregor vind vanaf 26 tot 28 Augustus plaas. Daar is ’n groot verskeidenheid interessante en dinamiese digters wat vanjaar hul werke gaan deel. In die Afrikaanse kategorie kan gedigteliefhebbers uitsien na voorlesings deur onder andere Margot Luyt, Koos van der Merwe, Daniel Hugo, Diana Ferrus, Hermien de Vos en Lara Kirsten. Engelse digters sluit James Matthews, Patricia Schonstein, Kobus Moolman, Khadija Tracey Heeger, Harry Owen, Elisa Galgut en Vangile Gantsho in, om maar net ’n paar te noem. Louise Westerhout, die wenner van verlede jaar se gedigtekompetisie, is ook vanjaar op die verhoog. Daar is ook digters soos Margaret Clough en Stephanie Saunders wat jou eindeloos sal vermaak met hul fyn humor. Dan is daar ook ’n paar groepe wat gaan optree, onder andere UWC poets, Lingua Franca, Spoken Word Movement en Mothertongue.

Al die betrokke digters bring iets baie spesiaal na Gedigte in McGregor.  Hier is ’n paar voorlesings om onder andere na uit te sien. Vir ’n volledige lys van al die digters wat gaan deelneem gaan na: https://mcgregorpoetryfestival.blogspot.co.za/

Lara Kirsten is ’n konsert-pianis en voordrag-digter. Sy kombineer dikwels haar digkuns met beweging, die visuele kunste, fotografie en musiek. Na die laaste twee jaar se voorlees by die McGregor Poetry Festival, keer Lara hierdie jaar terug met ‘n poëtiese dans aanbieding met gekalligrafeerde lyf, ink, as, papier en tong. ‘n Rituele soektog na poësie, betekenis en identiteit as vorm van bemagtiging. Woord word lyf. Lyf word woord. Voordrag in Afrikaans, met gedrukte Engelse vertalings.

Hermien de Vos het Drama studeer aan Stellenbosch en daarna oa gespeel in Nag vd 19de, Amalia en Villa Rosa.. , Radioteaters, vervolgverhale, `n boekvoorlesing en ’n weekliks kunsinsetsel op RSG. In 2011 het sy ’n dokumentêr “Op Theefontein” verfilm en in 2015 “Once upon a time”, ’n kortfilm oor die pikkewyne van Stony Point.  Die laaste paar jaar is Hermien ook nou verweef met Hermina Bamboesina – ’n karakter wat ontstaan het as kreatiewe kampvegter vir die wille natuur wat sy besing en waarna sy hunker. Van seekant af het Hermiena Bamboesina ’n walvisma  en van landkant af spruit haar ma vanuit die wingerdvelde van Nuy, Robertson & McGregor se vinke in vleie waar “water oor klippertjies klater” ,feetjies fluister, en voeltjies in riete tjierie tjierie twiet.

Koos van der Merwe se aanbieding heet “Hoekom dan gedigte?” Hoekom iets met ’n gedig wil sê? As jy dan kan e-pos, tweet, sms of gewoon net kan praat, hoekom dan gedigte? Koos reis saam met jou na plekke waar jy weet gewone woorde nie genoeg is nie. Soms voel die hart te diep om net gewoon te sê. Soms skyn die lig te helder vir ’n alledaagse sin, en soms is dit te donker vir praatjies maak. Die hart is só dat dit soms niks kan sê en niks kan hoor nie… as net gedigte. Bo en behalwe “Hoekom dan Gedigte?” sing Koos van der Merwe ook Bob Dylan in Afrikaans as deel van die naweek se program.

Margot Luyt sê oor haar voordrag: “Poësie voer my dikwels so ver weg dat my eie angs, verlange en melancholie verflou. Die woorde, die emosie ontvoer my na plekke wat ek nie ken nie, maar dikwels oor droom. Plekke waar ek myself kan omvou met die atmosfeer van die vers. Kom luister na verse oor liefde – alle soorte liefde. Liefde vir die ongebore kind maar ook liefde tussen volwassenes en bejaardes.

Die Mothertongue Jeugteater groep: Hierdie kreatiewe groep vermeng gedigte, musiek en dans in hulle voordrag. Al die materiaal is deur die groep self geskryf en saamgestel en word in Engels, Afrikaans en Xhosa aangebied. Sara Matchett is die direkteur van die groep wat bestaan uit Melenie Jakobs en Ashley Seconds (La Chasseur Farm), Jaydene Lekay (McGregor), Denise Gandu (Dwarswater), Sandile Kosana, Khayalethu Mkorwana en Simphiwe Mangqasa (Nkqubela).

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot ’n unieke ervaring. Die optredes sal plaasvind in die sielvolle tuine van Temenos, ’n lieflike agtertuin Amfiteater, die Wahnfried Teater, Edna Fourie Gallery, The Green Room en The Lion House. Carol`s Pub is die plek om te wees vir die VOICES ON FIRE kroeg-program. Terwyl jy ’n lekker glasie wyn drink, sal digters ’n klokkie lui en spontane voorlesings doen.

Daar is ook vanjaar weer ’n aanbieding van die gewilde ‘Open Mic’ sessies. Hierdie sessies word gelei deur Hugh Hodge (http://hahodge.blogspot.co.za/p/about-me.html). Enige iemand wat graag sy/haar gedigte wil voordra is welkom. Die wat wil meemaak kry ’n nommer en wanneer die nommer gelees word sal hy/sy ’n kans kry om ’n gedig te deel. As daar tyd is, kan dieselfde persoon ook meer as een gedig voordra. Almal is welkom om dit by te woon. Geen kaartjies of besprekings is nodig vir die “Open Mic” sessies nie.

Of jy nou oor akademie skryf of net oor hoe baie jy van jou koffie hou, jy en jou woorde is welkom. Kom kuier saam met ons en geniet die samesyn en woordkuns van ons land se wonderlike digters.

Akkommodasie: Bespreek vroegtydig by een van die volgende nommers:

Temenos Retreat: www.temenos.org.za / temenos@lando.co.za / 023 625 1871

McGregor Country Getaways: www.mcgregor-accommodation.co.za / info@mcgregor-accommodation.co.za / 023 625 1409 / 076 411 9477

McGregor Toeriste Bureau: www.tourismmcgregor.co.za  / info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954

McGregor Backpackers: www.mcgregorbackpackers.co.za /083 206 8007

Robertson Toeriste Bureau: www.robertsontourism.co.za / info@robertson.org.za / 023 626 4437

Robertson Wyn Vallei: www.robertsonwinevalley.com / manager@robertsonwinevalley.com / 023 626 3167

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Web en sosiale media:

https://mcgregorpoetryfestival.blogspot.co.za/

https://www.facebook.com/McGregorPoetry/

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d