Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 August 201624 August 2016

Breyten Breytenbach. Mossie maar maan

v1

 

mossie maar maan

 

toe die maan half was

soos ‘n stukkende klip

of ‘n binnensmondse skreeu

agter versteende lippe

 

het ‘n voëltjie op die balkon

kom sterf – stil

sonder om aandag te trek

met die pootjies netjies gevou

 

van ‘n leerlingkoster se Sondagshande

maar die nekkie slap

en die oog afgryslik leeg

miskien het miere die kyk weggedra

 

wat sou die rymritme wees

tussen ‘n verweerde ruimteliggaam

wat nie kan sterf

en slegs ‘n wit skaduwee is op die werf

 

en hierdie gestolde moment

van wat vlug en vryheid was ?

alleen die herinnering aan vere ?

het ek die maan probeer begrawe ?

 

is dit van op afkyk in die niet

waar blou vure onsigbaar brand

dat ‘n vlietende vlieënde lewe

verdood moes raak in ‘n oop kwatryn ?

 

vogeltjie

v2

 

Can Ocells, 24 Augustus 2016

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Francis Galloway. Aardedag [Breyten Breytenbach]
Breyten Breytenbach. weer en verweer : maanpoen vir die 16de September 2016 →

9e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. Mossie maar maan”

  1. HN Jansen van Rensburg says:
    8 September 2016 at 09:28

    Om so bruin en wit te kan sterf op BB se balkon en dan verewig te word met sulke woorde …

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    29 August 2016 at 15:02

    Eintlik troos die hele gedig omdat dit ook tot die ewige dinge behoort. (So miskien tog n vermaaning!)

    Reply
  3. Engela Geyer says:
    29 August 2016 at 12:59

    Daniel: nee, darem nie! Vanuit die leeukuil: eerder so bedoel – die titel troos. Hoewel die ewige dinge (bv. die maan) die “gestolde moment” natuurlik beklemtoon.

    Reply
  4. Daniel Hugo says:
    29 August 2016 at 12:24

    Engela: ‘n engel wat die digter vermaan?

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    26 August 2016 at 20:52

    Hierdie bejaarde mossiewyfie se dood was ‘n ideale gawe.Tot haar vere leef in die vers. Ruik sy al na maanskadu?

    Reply
  6. Engela Geyer says:
    26 August 2016 at 08:15

    “mossie maar maan” – nie alles is vlietend nie

    Reply
  7. Andries Bezuidenhout says:
    25 August 2016 at 23:24

    “is dit van op afkyk in die niet”

    Reply
  8. Maria Snyman says:
    25 August 2016 at 17:59

    Baie pragtig. Ek moes nie net verlede week vir Straatkat groet nie, maar die gedig het my dadelik herinner aan hoe ek myself lank gelede byna dood gehuil oor ‘n beseerde duifie wat ek nie kon red nie. Hoe werk dit? Dat ‘n voëltjie se dood mens so kan aangryp. Die lewe bly ‘n ongelooflike geheim!

    Oe, daardie eenvoudige “stil / sonder om aandag te trek” breek my hart! Ek singgroet my Straatkat opnuut!

    Reply
  9. Louis Jansen van Vuuren says:
    25 August 2016 at 13:32

    aangrypende beelde wat gryp

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d