Nuwe publikasie: Die aarde is ’n eierblou ark (Susan Smith)

Omslag

Die aarde is ’n eierblou ark            

Susan Smith

In Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds ’n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In dié nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop.

Soos die titel aandui, word die aarde gesien as ’n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes  help bewaar:

die aarde is ’n eierblou ark

wat deur die melkweg veer

[…]

waarin ons waterdeurdronge

deur soutreën en sleepmistonge

hiermaals vaar en as bede

om vergiffenis en genade

daagliks silwer woordspane

deur water stuur

OOR DIE OUTEUR

Susan Smith is vise-dekaan en professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare. As navorser ondersoek sy veral die poësie se bydrae tot die gesprek oor die omgewing. (R160.00 (BTW ingesluit) ISBN:978-1-4853-0716-7 (gedrukte boek) 978-1-4853-0717-4 (e-boek) 978-1-4853-0718-1 (ePub); FORMAAT: 137 x 213 mm; Sagteband, pp 96, Protea Boekhuis, 2016)

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •