Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 2017

Charl-Pierre Naudé. Skandinawiese speurverhaal

Skandinawiese speurverhaal

Svendborg, 2017

 

ʼn Ydelheidsakkie:

per definisie

verdag. Swart. Die sakkie glím

in die laatlig se bleek stuiptrekke

(en weens die rol van emjambement).

 

Op ʼn rakkie, in die badkamer.

(Let op: die staccato-effek,

dís beduidend.)

 

Swart, soos die priester

se rok. Hy’t ʼn skaduweebaard:

ʼn betekenisvolle leidraad.

Laat mens wonder of die sexy pop

wat deur ʼn venster loer, ook iets wegsteek.

 

Kom in, die tuinier.

Sy reguit antwoord: “Ek sou maai”.

Daai’s verdagte nommer drie.

 

Nog sneeu sak uit, en haar hand

klem stywer om haar boordjie.

 

Wit, wat bedek.

Middernag.

Die verhaal van ’n driehoek.

 

Die sakkie, oopgerits.

ʼn Rok eenkant gewerp.

Skuim, die ligtheid

van haar luim.

En ʼn witter-as-sneeu sneeu

so koud soos skeermeslemmetjies.

 

 

(© Charl-Pierre Naudé / 2017)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Charl-Pierre Naudé. Voltrekking
Charl-Pierre Naudé. ʼn Kruip-insek besin oor perspektief →

5e gedagtes oor “Charl-Pierre Naudé. Skandinawiese speurverhaal”

  1. Waldemar Gouws says:
    20 April 2017 at 21:37

    Charl-Pierre se digwerk hierbo laat my dink aan ‘n paar reëls uit “Wenke” deur Yannis Ritsos:

    ‘n Man staan in die donker en glimlag ‘n geheime glimlag.
    Is dit omdat hy in die donker kan sien? Dalk; of dalk
    omdat hy die donker kan sien.

    Reply
  2. Aleksander Stammelmann says:
    20 April 2017 at 21:17

    ‘Wit, wat bedek./Middernag./Die verhaal van ’n driehoek’
    “Rietfontein” van ID du Plessis doem op uit die eggo-kamer…
    Wit is die water
    Maar bleker die maan,
    Wie is dit wat daar so
    Doelbewus gaan?
    Verdonkerde bome
    Bewe in die laan;
    Wit is die water
    Maar bleker die maan.
    Kortstondig soos die dou wat smôrens skitter op die roos,
    Kortstondig was die enkel uur van samesyn se troos,
    Op bloedbevlekte bloeisels lê die paartjie in die laan,
    Terwyl ‘n swart gestalte onder peerboomtakke staan.

    Reply
  3. lisbeth santander says:
    17 April 2017 at 00:38

    playing chess while the world teeters on the edge of the abyss, as they were there in Svendborg – and here? playing poetically?

    Reply
  4. lisbeth santander says:
    17 April 2017 at 00:35

    Clearly Brecht and Benjamin in Svendborg in the 1930’s, planning a detective novel…very clever, Master Philosopher-Poet! Quite striking, this series around the same theme growing here on these pages. Wonder what the connection with our local constellation of philosophers and poets are, especiallyl in this here perturbed political landscape (not quite yet that of 1933/34, but the heat is escalating as i write…

    You certainly have your poetic finger on the pulse of the times and with such a strong parallel…

    Cannot wait for the rest of this series…

    Reply
  5. carina says:
    16 April 2017 at 08:22

    Charl-Pierre, dis ‘n gedig om nog lank aan te herkou en werklik gepas om juis nou oor Paasnaweek te publiseer. Dankie. Swart (soos ‘n vrou / pop se klassieke nommertjie, maar nou ‘n skeer-of grimeersakkie – my lees) versus wit (sneeu wat bedek, maar so koud is soos skeermeslemmetjies – jou woorde)word gebalanseer deur die tuinier se woorde: “Ek sou maai.” En verder nog ‘n laag – die tegniese verwysings na die klankwaarde van dié gedig. Hoeveel lae lees ek mis? 😉

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d