Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 September 201718 September 2017

Twee nuwe publikasies: Vuurvas (Carel Anthonissen) & Die goddelike komedie (Cas Vos, vert.)

Omslag

Vuurvas

Carel Anthonissen

Die gedigte gaan oor die onskuld en verwagtinge van ‘n kind in sy eerste landskap, die ontnugtering en vervreemding wat die volwasse bestaan meebring, en die uiteindelike aanvaarding en omarming van pyn, siekte, ouderdom en dood. Vuurvas is nie alleen ‘n verwysing na die onvernietigbare kiem van hoop, regskapenheid en welwillendheid in die mens nie, maar dien ook as ‘n voorbeeld van aandagtige en gevoelige omgang met taal en verwoording.

.

Oor die skrywer:

Carel Athonissen het reeds enkele Engelse gedigte in ‘n reeks van drie bloemlesings (oor Afrika, oorlog en liefde ) gepubliseer. In 2015 is hy gelanglys vir die Sol Plaatje UE kompetisie. Een van sy gedigte is daarna opgeneem in The Sol Plaatje, European Union Poetry Anthology, Vol V. In 2016 is twee van sy Afrikaanse gedigte ook opgeneem in Stanzas Nommer 6, Desember 2016 ( R 190.00, Sagteband • 136 p, 213 mm x 137 mm; ISBN: 978-0-928316-97-1, Naledi, 2017)

 .

.

Intiem

om intiem te wees is om te onthou:

die stiller aanblik, die gloeiende mond

’n enkele wimper, één flitsende haar

en dat ons woorde met mekaar nooit

selfbewus of leeg was nie

maar altyd vrolik sonder swaar gordyne

of einder

die nagolf van ’n snaar wat onverwags

gepluk is

(Uit: Vuurvas, 2017)

.

.

Die goddelike komedie

Cas Vos (vert.)

Omslag

In hierdie bundel durf die skrywer Danté Alighieri se briljante werk aan. Hy bewys homself as uitmuntende vertaler.

Danté se lang reis kan tematies verbind word met Israel se uittog verhaal. Met sy La Divina Commedia beoog Danté om die boosheid van die mens aan die kaak te stel en roep hy die mens op om saam te werk aan die skepping van ’n beter samelewing van vrede en orde onder leiding van ’n goeie keiser en pous.

Oor die vertaler: Cas Vos was dekaan van die fakulteit Teologie van UP van 2000 tot 2010. Hy het die Andrew Murray Prys ontvang asook die Pieter van Drimmelen medal­je vir sy teologiese werk by die Akademie vir Kuns en Wetenskap. Hy het verskeie artikels in plaaslike en internasionale tydskrifte gepubliseer. Sy mees onlangse werk is sy bundel In ‘n oomblik (2016).

(R 175.00, Sagteband • 136 p, 213 mm x 137 mm , ISBN: 978-0-928316-85-8. Naledi, 2007)

Voorlesings:

Aleppo: https://youtu.be/2Qh1qD8K8PE

Die Goddelike Komedie: https://youtu.be/OOACiJb0avQ

.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Twee nuwe publikasies: Vuurvas (Carel Anthonissen) & Die goddelike komedie (Cas Vos, vert.)”

  1. Marlise Joubert says:
    18 September 2017 at 16:51

    Aleppo: https://youtu.be/2Qh1qD8K8PE

    Die Goddelike Komedie: https://youtu.be/OOACiJb0avQ

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d