Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 October 201721 October 2017

Zbigniew Herbert – Vertaling in Afrikaans

Zbigniew Herbert – Vertaal in Afrikaans deur Helize van Vuuren

.

Beskamende drome

 

Metamorfoses af na geskiedenis se bronne

na ’n kinderparadys verlore in ’n druppel water

 

vlugte agtervolgings langs muistonnels

insek-ekspedisies na die binneste van ’n blom

’n skielike wakkerskrik in ’n wielewaalnes

 

of ’n vinnige gehol oor die sneeu in ’n wolfvel

en op die kransrant ’n harde gehuil na die volle maan

skielike angs voor  ’n wind met die doodsreuk

 

’n hele sonsondergang in die horings van ’n hartebees

slang se spiraal-vormige droom

die vertikale nagwaak van die tongvis

.

al dié dinge is geskryf in die atlas van ons lywe

en gedruk in ons skedelgrot soos voorouerkiekies

en so prewel ons die alfabet van ’n vergete tong

 

ons dans in die nag voor beelde van diere

geklee in vel skubbe vere en skulp

eindeloos die litanie van ons sondes

 

goeie geeste minag ons asseblief nie

ons het te lank gedwaal oor oseane en sterre

neem ons uitgeput bo ons kragte ín in die kudde

 

Zbigniew Herbert – “Shameful dreams” (in Report from a besieged city, 1983)

(vertaal H. van Vuuren, 19 Oktober 2017)

___________________________________

 

Shameful dreams

 

Metamorphoses down to the sources of history

of childhood’s paradise lost in a drop of water

 

flights pursuits along passageways of mice

expeditions of insects to a flower’s interior

a sudden awakening in the nest of an oriole

 

or a quick sprint across the snow in a wolf’s skin

and by a cliff edge a great howl to the full moon

sudden terror when a wind carries a killer’s smell

 

a whole sunset in a deer’s antlers

the snake’s spiral-shaped dream

the vertical vigil of the flatfish

 

all this is written down in the atlas of our bodies

and printed in our skull-rock like ancestral portraits

and so we recite the alphabet of a forgotten tongue

 

we dance at night before statues of animals

dressed in skin scales feathers ocean shells

infinite is the litany of our crimes

 

beneficent spirits do not spurn us

we’ve wandered too long across oceans and stars

take us wearied beyond our strength into the fold

 

Zbigniew Herbert – “Shameful dreams” (in Report from a besieged city, 1983)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Zbigniew Herbert – Vertaling in Afrikaans”

  1. Balt Verhagen says:
    23 October 2017 at 18:50

    Hi Helize

    Voor ek jou vertaling gelees het het ek sommer self – onafhanklik – probeer. Die twee produkte het vertsommend min van mekaar verskil met joune bespreekbaar beter.

    Het hierdie klein wedloop, soos ons ‘n ruk gelede gehad het, terdeë geniet.

    Doe zoo voort.

    Groete

    Balt

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Krige Visser. Aantrekkende naak
  • Digtersprofiel: Lucie Möller
  • Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Jeanne Henning Els. noodgeval

Nuutste kommentaar

  1. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  2. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  3. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  4. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  5. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d