Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 March 201830 March 2018

Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans

Ingeborg Bachmann – vertaal deur Helize van Vuuren

.

Aan die son

Veel mooier as komete se vurige gang
en veel verrukliker om te sien as elke ander gesig,
omdat jou en my lewe elke dag aan haar kleef, is die son.

Mooi son, wat opgaan, blywend werk
en afrond, allermooiste in die somer, as ‘n dag
aan see verdamp en glinstering spieël, ‘n vlies
oor jou oë trek, tot jy uitgeput, uiteindelik verdwyn.

Sonder die son vlug ook die kuns in versluiering,
aan my verskyn jy nie meer, en die see en die sand,
van skadu’s beslaan, vervliet onder my ooglid.

Mooi lig, wat ons warm hou, bewaar en wonderbaarlik sorg
dat ek weer sien en dat ek jou weer sien!

Niks mooier as ‘n stok in die water en ‘n voël daarop
wat dink oor haar vlug, met daaronder ‘n kolking vis –
geverf, gevorm, gebore met ‘n sending lig,
om die buitelyne te sien van ‘n gevierendeelde weiland
en die duisend berge van my land,
asook die blou rok oor jou lyf. Asook jou rok, klokvormig-blou.

Mooi blou, waarop poue lopend oorbuig na mekaar,
blou van vertes, seuns van geluk, draers van my gemoed,
blou van einder-toeval! En my begeesterde oë
open wyer en blink en brand sig tot wond.

Mooi son, mees aanbedene van alles stoflik,
bo maan of sterre, bo snags se komete-vuur,
slegs vir jou sal ek my weerloos maak,
en gou, eindeloos tevergeefs, gedurig
jammer en kla oor my oë se finale verlies.

 

Ingeborg Bachmann (vert. H.v.Vuuren, ter herinnering aan sonaanbidder, Barend J. Toerien, gebore 29 Maart 1921.)
Bachmann lees: https://www.youtube.com/watch?v=J8e0Xj7cdBM

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hanna Arendt. Vertaling in Afrikaans
Boris Pasternak. Vertaling in Afrikaans →

2e gedagtes oor “Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans”

  1. Bernardus Johannes Odendaal says:
    5 July 2025 at 10:02

    Ek stem met Daniel saam!

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    7 April 2018 at 08:36

    Mooi huldeblyk aan Barend!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt
  • Digtersprofiel: Gerhard Barkhuizen
  • Hennie Maartens. geboorteplek
  • Uitnodiging: Imprimatur

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d