Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 July 201818 July 2018

Johan Myburg. Goya se gelyknamige ets

Goya se gelyknamige ets (“Linda maestra!”) uit Los Caprichos.

 

IX

“Linda maestra!”

 

Benewens vee kan ʼn besem voertuig word,

so word gesê, wat esse gooi in vlug en uile

fnuik én lok, wat geswind selfs die duiwel

kan uitoorlê, wat in die hand van ʼn kranige

ou wyf kan swiep soos net ʼn besem kan.

So sit sy voor, haar sakkerige lyf flappend,

albei hande om die stok geklem, gee gas,

die jongeling agter haar, mik in nooiensvlug

ontuis, klou verbete, gryp die pry se skouers

vas en klief onkuis deur die nag. Haar skone

meesteres doen sy weldra na en knyp met dy

teen binnedy en knieë teen mekaar in dolle

vaart haar peester vaster vas terwyl sy nóg

wilder, hare losser, die nag demonies binnery.

 

© Johan Myburg, 2018

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

8e gedagtes oor “Johan Myburg. Goya se gelyknamige ets”

  1. De Waal Venter says:
    22 July 2018 at 09:10

    Dis ’n sterk gedig, Johan. Dit byt soos soutsuur en vreet irrelevante dinge weg. Maar soos soutsuur in ’n motorbattery, dien dit ook as ’n energieopwekker – die woeste energie in die gedig sit die leser naarstiglik aan die dink nadat hy sy asem teruggekry het.

    Goya het sy 18e eeuse reeks sketse, Caprichos (Grille), geskep om die swakhede en bederflikhede in sy gemeenskap te satiriseer. En die gesatiriseerdes het nie daarvan gehou nie!

    Ek plaas hierby die eerste strofe van Tomas Tranströmer se gedig “Caprichos” om as ’n soort spieël of vergelykingsverwysing vir die Afrikaanse Caprichos te dien. Die volledige gedig kan op my WordPress blog gelees word.

    Huelva is die hoofstad van die provinsie Huelva in Andalusia, Spanje.

    Uit hemligheter på vägen 1958 p 65

    Caprichos

    Det mörknar i Huelva: sotiga palmer
    och tågvisslingens ilande
    silvervita fladdermöss.

    Tomas Tranströmer

    Dit word donker in Huelva: roetbedekte palms
    en die treinfluit se ylingse
    silwerwit vlermuise.

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    21 July 2018 at 18:24

    Digters is daar om woorde uit die vergetelheid te red. So het Opperman byvoorbeeld die woord “kreits” vir “kring” in ‘n gedig gebruik.

    Reply
  3. Yves T'Sjoen says:
    21 July 2018 at 14:46

    Ik zie interessante gelijkenissen in woordbetekenis tussen Afrikaans en Nederlands. Hoe dan ook lijkt “prij” in beide talen, en dus ook etymologisch (zie Middelnederlands), geen valse vriend te zijn. Ik houd het op “kreng”.

    Reply
  4. Daniel Hugo says:
    21 July 2018 at 11:47

    Daar het ons dit nou: die gedig as blokkiesraaisel!

    Reply
  5. Daniel Hugo says:
    21 July 2018 at 11:46

    Die driedelige Van Dale verklaar “prij” as “kwaadaardige vrouw”.

    Reply
  6. Yves T'Sjoen says:
    20 July 2018 at 14:52

    Interessant. Op mijn beurt zocht ik het woord “prij” op in het Woordenboek der Nederlandsche Taal. Daar blijkt het in het Middelnederlands “dood dier, meestal zulk een dat reeds min of meer tot bederf is overgegaan” of “kreng” te betekenen. In de samenstelling met vis: “vischprij” = viswijf. Een nieuwe betekenislaag vanuit translinguïstisch perspectief?

    Reply
  7. Johan Myburg says:
    20 July 2018 at 12:31

    Dankie Daniel. Die Blokkiesraaiselwoordeboek gee “pry” aan as sinoniem vir “feeks”. Verwante woorde: draak, duiwelin, furie, geitjie, gifpil, heks, helleveeg, juffer, megera, pry, rissie, rissiepit, slang, snip, teef, tierkat, tierwyfie, veeg, virago, viswyf, vrou, Xanthippe, xantippe

    Reply
  8. Daniel Hugo says:
    20 July 2018 at 10:00

    Lieflike gedig, Johan! Ek kry nie die woord “pry” in die woordeboek nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar
  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d