Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 November 20184 February 2019

PEN Afrikaans. Outeursreg

Beste lede en ondersteuners van PEN Afrikaans

Die verwikkelinge met betrekking tot die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is uiters kommerwekkend, en PEN Afrikaans doen ‘n beroep op ons lede en ondersteuners om ’n petisie te onderteken teen die aanvaarding van die wetsontwerp soos dit tans staan. Dit is ‘n kwessie van dae voordat die wetsontwerp voor die Nasionale Vergadering sal dien om as wetgewing bekragtig te word.

Verskeie vooraanstaande skrywers – onder wie die Nobelpryswenner JM Coetzee, Breyten Breytenbach, Deon Meyer en Jacques Pauw – het reeds hulle kommer en skerp kritiek teenoor die wetsontwerp uitgespreek en ondersteun die petisie. Ook internasionaal word die verwikkelinge fyn dopgehou. Jennifer Clement van PEN International het ’n kort verklaring ter ondersteuning van PEN Afrikaans se protes uitgereik, en verskeie internasionale organisasies wat skrywers en uitgewers verteenwoordig (International Authors Forum, International Publishers Association en die International Federation of  Reproduction Rights Organisations) het reeds ’n ruk gelede deur middel van openbare verklarings hulle teenkanting teen die wetsontwerp gekommunikeer. Die aanlyn tydskrif Publishing Perspectives wat wêreldwyd aan onder andere skrywers, boekhandelaars en uitgewers versprei word, het sy uitgawe van 26 November aan Suid-Afrikaanse skrywers se teenstand teen die wetgewing gewy.

Die petisie is laatmiddag op Vrydag 23 November aanlyn beskikbaar gemaak vir ondertekening en tot dusver het byna 1 000 individue en organisasies dit geteken. Hulle sluit in skrywers en mense in die boekbedryf, sowel as regsgeleerdes, gewone lede van die publiek, plaaslike en internasionale organisasies. Ons het slegs enkele dae oor om soveel moontlik handtekeninge te kry voordat ons ons, gewapen met die ondersteuning uit die bedryf, tot die Parlement sal wend. Indien jy nog nie die petisie geteken het nie, doen dit asb, en versprei dit ook wyd aan almal wat wil hê dat skrywers se belange ten opsigte van kopiereg en die reg om ’n inkomste te verdien beskerm word.

Die petisie is hier beskikbaar.

Die stellingname en petisie is in samewerking met ANFASA aangepak. Ons nooi ook ander skrywersverenigings om by ons aan te sluit in hierdie protesaksie.

Vriendelike groete
Marga Stoffer
Voorsitter: PEN Afrikaans

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d