Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 January 2019

Bibi Slippers. Wasdom

 wasdom

 

wat de fok, potplant!? genoeg van die gevrekkery. GROEI!

jy het grond. jy kry son. ek gee jou só versigtig water. wat?

 

méér water? minder son? of andersom? kort jy ruimte,

of lig, of die klam omhelsing van ’n kweekhuis? mens kan

 

seker een uit plastiek prakseer? kyk, blaartjies: ek sal watookal

probeer om jou nie so te sien nie. aard jy eenvoudig nie

 

in dié plek of dié pot nie? verkeerde biosfeer? ly jy

aan plantluis of is dit iets anders wat aan jou vreet?

 

weet jy ooit self wat jou terra cotta tantrum beteken, wat dit is

wat jou so moeg, verbruin en ongelukkig maak? voel jy iets

 

as ek aan jou verlepte stingel raak?

 

ek wil jou so graag help herstel, maar hoe? moet ek jou sagkens

met ’n seepoplossing afspons of liggies spuit, uitplant of jou

 

gewoon uit my skadukol van kommer skuif

en los?

 

ek lê die handskoffel, snoeiskêr en troffel neer en hoop

jy sal tot volle wasdom kom

 

in ’n ander kamer.

 

ek keer ’n gieter in my keelgat om.

 

 

© bibi slippers / 2019

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Digstring: Yskas (Bibi Slippers)

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Anne-Marie Bartie. heilige koeie
  • Neels Jackson. Stille nag
  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon