.
Notre-Dame de Paris, 15 April 2019
maar die groenspaanhaan
wat genael bo op die vingerwysing kon staan
om met ‘n stil vergaan van koper
die verbydraai van eeue die hoof te bied
het na benede gestort
deur die inferno van vlamme en roet
om op die werf tussen as en splinters
en gebarste juweelvonke nou gelouter
nog steeds bekkig sy stil weerstandskreet te kraai
© Breyten Breytenbach
Janee Breyten, kom onsj sjkink maar nog ‘n dop. ‘n Grote.
Om die vuur te blus, Leon – om die vuur te blus. Soosj Dawid Kramer sjing: “Skjink nogge doppie da’!”
Dan vra hulle nog hoekom drink ‘n mens…
Die hoofhaan op sy eng Galliese werf, en die mossies by hul kerkbossie: lank sal hulle lewe!
Mooi, Breyten. ‘n Struik digby Notre Dame was/is dikwels oortrek met mossies.
Beautiful. Perfectly said
…maar
Dis tyd om te gaan haantjie
“Il est temps d’aller coq”
‘nog steeds bekkig…’ dankie Breyten
vlamgelouter
Vonds uit die vlamme.
Dankie vir die smeulende woorde
pragtige vers