Erez Bitton. Om woestyn te sê (Vert.)
Om woestyn te sê
Jou stil hand
het ‘n woestyn-oase
geteken vir my
groen op groen.
Soos verbonde skepe
– hand raak aan hand –
deur jou oë
kon ek sien
die grootsheid van die Woord gegraveer in klip
en die wonder
van die brandende bos.
(Erez Bitton (1941-) uit Blindfolded landscapes. Blinde Hebreeuse digter, op reis deur Judaïese woestyn met Yehuda Amichai; vert. Helize van Vuuren, Januarie 2019)
Knap vertaling, Helize. Deur eenvoudige, nie-pretensieuse woorde in Afrikaans in te span, het jy die treffende eenvoud en tegelykertyd die grootsheid van die digter se “siening” vasgevang.
Mens verstaan die gedig beter as jy volgende lees, te vinde op die webruimte “Israel in translation”.
After a joint reading with Yehuda Amichai in Arad, a town bordering the Negev and Judean Deserts, the two poets traveled back to Jerusalem together. Biton asked Amichai to describe for him the essence of the desert as seen along the road. In response, Amichai held Bitton’s hand for a few moments, saying nothing. Then Biton said: “Now I understand.”
‘n Aangrypende gedig wat goed vertaal is.