Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 May 201920 May 2019

Charl-Pierre Naudé. ʼn Kruip-insek besin oor perspektief

                  Paul Klee. 
      Van 'n dorpstoneel met skemering

 

ʼn Kruip-insek besin oor perspektief

 

Ek stryk die wêreld weer plat

soos ʼn folio,

soos dit eens was.

 

Daarna mos deur die nuut

gearriveerde mense-

oog uitgevou tot

driedimensionele

blom,

piramides,

 

of huise-en-dorpskom

met voor- middel- én agtergrond,

 

en tot wyk,

 

tot die kaarteskommeling

van ʼn stadstafereel

met sy hutjies. Sulke opstaan-

papierkwakkies. Wel,

ék stryk dié aarde

 

weer plat. Na hoe dit was.

Met my goggablik.

 

Insek is ek en ek

kruip rond in die mensmuseum.

 

My kyk skeer oor ʼn toneel wat daar hang

gebaai in skemering;

verf op bord.

Deur ene Paul Klee.

Hy wat die dimensies kon inkatrol

tot streep, punt en kol.

 

Ek klou en gly, op en af, dwars en terug,

ʼn kakkerklak

op my enkele vlak

oor vloer, muur, plafon en dak.

 

My kunstenaars- oeroog prik

die gek ballon van perspektief

tot slegs getekende stringe daarvan oorbly.

 

Jou, mens,

se diepkykende konsertinasien

word danksy my gestroop

– van sy vakkies wat kan rek en krimp –

tot ingedrukte blik.

 

En ek Klee- Klee- klééf

oor vloer, muur en dak

 

sonder einde

aan vlak ná vlak ná vlak.

 

© Charl-Pierre Naudé / 2019

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Charl-Pierre Naudé. Skandinawiese speurverhaal

2e gedagtes oor “Charl-Pierre Naudé. ʼn Kruip-insek besin oor perspektief”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    21 May 2019 at 20:20

    Dankie, Daniel. 🙂

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    21 May 2019 at 15:35

    Mooi, Charl-Pierre! Ek hou veral van die Opperman-eggo.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d