Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 July 20199 July 2019

Johann Lodewyk Marais. Rivierpampoen

RIVIERPAMPOEN

Gunnera perpensa

 

Die rivierpampoen se lappe blare

floreer op plekke waar dit modderig,

verafgeleë en onbegaanbaar is.

 

Met voete in die drasserige vlei

skuifel die tydelose grysgroen plaat

miljoene jare lank die skuinste af.

 

Dié krui skep sy eie metafore,

speek sy groot, gelobte sambrele oop

en hang ’n skaduwee aan die middag.

 

Enter the dinosaurs! Die plasenta

van dier en mens is hier gevoed en verlos

om lewe te baar en te verseker.

 

Die taai, hardnekkige rivierpampoen

weer hom met sy ruie gebladerte,

behaarde nerf en krullende slingels.

 

Uit die oerbos kom genesing en troos

vir veldsere en ek brou wortelbier

sodat ek snags aan die sterre kan raak.

 

 

©Johann Lodewyk Marais / 2019

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Rooi-ivoor
N.P. van Wyk Louw 50. Johann Lodewyk Marais →

4e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Rivierpampoen”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    17 July 2019 at 11:07

    Dankie, Waldemar. Dit is ‘n bladsy uit my “Veldboek”.

    Reply
  2. Waldemar Gouws says:
    16 July 2019 at 19:40

    Hierdie vers is moetie in ‘n kweltyd. Mag jou vleiland lank behou bly, Johann Lodewyk Marais.

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    11 July 2019 at 10:40

    Mooi gedig, Johann. Ek hou van die voortkruipende klank in: skuifel / skuinste / krui / ruie. En daardie lieflike slot!

    Reply
    1. Johann Lodewyk Marais says:
      15 July 2019 at 23:58

      Dankie, Daniel. Dit is ‘n riem onder my groen hart.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears
  • Jacques Boshoff. Telkom en Okosa maak vrede oor spektrum
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend

Nuutste bydraes

  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte
  • Resensie: “Seine” (Koos de Wet)
  • Carina van der Walt. Drie taalmanifestasies
  • Onderhoud: Johan Braeckman gesels met Yves T’Sjoen oor sy Breytenbach-drieluik

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d