Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 January 202027 January 2020

Gunther Pakendorf. Valsbaai, nasomer

Valsbaai, nasomer
Vir MM Walters, 23 Januarie 2020

die digter sit op sy klip hoog oor die baai
daar onder bewonder toeriste pikkewyne se waggel en duik
golwe wat kopspeel, Suidooster wat waai
die Hollanders het Duiwelspiek hoeka Windberg genoem
op ‘n rots vol eeue van meeue se mis
sit ‘n duiker met vlerke gesprei in die suiderson
‘n seiljag gly oor die loodblou waters wat skitter en blink
hier het ou Simon glo destyds ‘n hawe gesoek om te land

die digter tuur verby Muizenberg se strand
tot waar Hottentots-Holland dynserig verdwyn
wat is dit wat hy doer by Hangklip gewaar?
twee reuse wit seile maak bol in die wind:
die Vlieënde Hollander, verdoem om vir ewig oor die aardbol te vaar?
maar: ‘n tweemaster versier met kruis en met kroon,
karaveel uit die Noorde wat ons uithoek bespied?
tog nie Da Gama nie, die ou bokker, met sy brandsiek bemanning!
wie dit ook is, as hy gekom het om ons nasie te red
moet hy weet hy’s vyf eeue te laat!

die digter skink nog ‘n glas van sy verwaterde wyn

 

© Gunther Pakendorf
(vir MM Walters met sy 91ste verjaarsdag, 23 Januarie 2020)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Gunther Pakendorf. Valsbaai, nasomer”

  1. Daniel Hugo says:
    27 January 2020 at 13:45

    ‘n Baie mooi huldigingsgedig, Gunther!

    Een van die ontroerendste gedigte wat ek ken is Walters se “Haven om te landen” uit Sprekende van God. Vanuit die stoepkamer van sy hooggeleë huis in Seaforth, Simonstad, hou die digter die aandskemer oor Valsbaai dop:

    In die koue grys skemer van die agterberg
    laveer die laaste bote huis toe:
    dun wit seile in ’n wintersee soek
    na ’n haven om te landen.

    Die meeue trek saam op Duikersklip
    dig teen die donker en die wind
    en oor die water hang ’n hunkerende roep
    na ’n haven om te landen.

    Die stomp neus van die Steenberg
    los op tussen see en lug,
    die nag word swart sonder lig wat wink
    na ’n haven om te landen.

    En ou herinneringe en vertwyfeling
    sak oor my soos ’n swaar seemis
    en heelnag deur dreun die branders en nêrens
    is ’n haven om te landen.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d