Tsead Bruinja vertaling uit Fries na Afrikaans. Vert. deur Catherine du Toit
leave nimmen wit hoe’t wy yn eardere libbens / liefste niemand weet hoe wij in eerdere levens
liefste niemand weet hoe ons in vroeëre lewens
by mekaar verby geloop het of die bus verpas het waarin één
van ons gesit het of jy my suster moeder
was en niks tussen ons ooit kon word nie omdat
daar te veel jare of ‘n geloof tussen ons
gedryf het so buigsaam as ‘n kontinent sou die afstand
soms gewees het ek was miskien druk besig met
die ontdekking van vuur terwyl jy en jou minnaar
aan die oorkant van die oseaan kerse aangesteek het
hou ek jou al weer te styf vas ek wil jou nie
blou knyp nie maar ek is bly en ook bang
dat daar nooit méér tussen ons sal wees as hierdie heelal
waarin ons nie bymekaar kan kom nie omdat dit
te klein is vir die verdriet van twee wat één word
liefste laat tyd ons maar uitmekaar ruk as ons een vir een
doodgaan ons slaan terug met brûe van woorde
Tsead Bruinja (1974)
uit: Geboorte van het zwarte paard (2008)
© Catherine du Toit
( Die oorspronklike is in Fries, die digter het self meegewerk aan die Nederlandse vertaling waarvan ek gewerk het. – CdT)
Inderdaad mooi.
Mooie vertaling!