ALTER EGO
Die trappe na die solder kan my nou nog verruk.
Waar rakke raaisels uit kindsdae span en die smal,
helder luik aan die ver ent se guillotine soms val
dat vere uit die skemer sak, en die skrik
als ’n oomblik laat skarrel, het ek weer
gestaan: geboë. Ou deure waardeur niemand stap
en verroeste rame wat nie sluit of klap nie
het eenkant gelê, kettings, reistasse wat verweer
in die geheue. Van nêrens het ’n bries gepluk
deur ’n jeugboek. By ’n vuurhoutjie se flenterlig
staar ’n skadu-gesig, vol skynroet, armoedig
na my terug uit ’n óú spieël, halfvergete.
‘Die solder spook,’ het Ma gesê. Ek moes so terugkeer
na onder, ’n half-swarte, vanuit die gewete.
[Uit: Charl-Pierre Naudé. Die nomadiese oomblik. Kaapstad: Tafelberg, 1995]
[Opname: Poetry International, Rotterdam 2000]
Alles foefies, warm lug (lysies maak, net nog lysies maak).
en waar’s die ware ding?
Ek wonder. Die plesier van gedig lees, is dat jy vele interpretasies uit die teks kan haal (selfs ‘n stem verbeel).
Met die voorlees voel dit so vasgepen
Dankie! Baie interessante dinge wat jy ophaal, Yves. Die tekens van ‘n tyd kleef waarin ‘n voorlesing gedoen is, kleef soms aan die voorlesing (natuurlik soos vertolk deur die voorlesing.) Dit het al gebeur dat ek’n vroeer voorlesing van ‘n bepaalde digter (nie ek nie) met ‘n latere voorlesing van dieselfde gedig deur die digter self kon vergelyk. Verskillende planete.
Dis juis onder meer in Poetry International se argiewe waaruit sulke vergelykings getref kan word. (Ek het ‘n ou band met voorlesings van Breyten op, dis in ‘n trommel, so ek kan of wil dit nie nou opdiep nie, wat gesirkuleer het in die tyd toe hy in die tronk was, gemaak van voor die tronktyd. Dit vertel veel, nie net van die voorlesing en digter nie, maar van die “tyd”. Natuurlik moet mens jouself inverbeel in sulke aspekte om dit te kan “lees”.) Ek wonder of daar opnames bestaan van sulke ou Afrikaanse digters soos Watermeyer, byvoorbeeld, uit die meer geslote tye.
Ja, daar is ladings vol “aannames” in ou opnames, so kom dit vir my soms voor.
Absoluut, Marlies. Indien de tekst een partituur is, is elke uitvoering anders. Zo ook de performance van de schrijver, die in dictie, in timbre en toon, in tempo en ritme, zijn of haar gedicht interpreteert. Letterlijk toonzet. Een neutrale voorlezing bestaat niet. Daarom is dit initiatief STEMGREPE zo waardevol: dichters geven met hun stem gestalte aan de tekst en voegen betekenissen toe. Een uitvoering die een tekst rijker kan maken, facetten scherper hoorbaar, een wending of een nuance beluisterbaar.
Tog heel anders as die digter dit self voorlees! Dankie Charl-Pierre!